Bobby se prinses gebore

Bobby en Armani van Jaarsveld. Foto: Twitter via Bobby van Jaarsveld

Armani van Jaarsveld. Foto: Twitter via Bobby van Jaarsveld

Die gewilde sanger en The Voice-afrigter, Bobby van Jaarsveld, het Maandag goeie nuus met aanhangers gedeel.

Die sanger, wat Sondag sy 29ste verjaardag gevier het, het op Twitter aangekondig hy en sy vrou, Annatjie, se eerste dogtertjie is Maandag gebore. Dié prinsessie se naam is Armani.

Bobby en Annatjie is reeds die ouers van Sion (4) en Leben (3).

Die sanger is tans ʼn gewilde beoordelaar op The Voice wat Sondae op M-Net (kanaal 101) om 17:30 op die kassie te sien. Die gesoute sangers Karen Zoid, Kahn Morbee en Lira is ook te sien in die bekende rooi stoele.

Ronel Brink, Bobby se ma en bestuurder, het op Twitter haar opgewondenheid oor die paartjie se dogtertjie uitgedruk. “Ná vier seuntjies, my prinsies, sien ek so uit om ons prinsessie te ontmoet,” het sy geskryf.

Die sangeres Elizma Theron het ook vroeër verlede week aangekondig haar tweede kind, ʼn seuntjie, het vroeg besluit om sy verskyning te maak.

“Hoe is daar steeds mense wat nie glo in ons Skepper nie? Dankie, Here Jesus, vir nog ’n wonderwerk uit u groot hand,” het sy op Facebook geskryf.

NJ is op 35 weke gebore en het 3,1 kg geweeg. Hy is tans nog in die waakeenheid van die hospitaal, maar dit gaan baie goed met hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Liezeann ·

So lekker om goeie nuus te lees! Baie geluk, mag sy vir julle net vreugde bring! Lekker popspeel!

Elfie ·

SUG… my vriendin het ook ‘n dogtertjie oor die naweek ryker geword. Enigeen wat daaroor wil beriglewer?

Sumari ·

Ag komaan nou Elfie don’t be jealous. Ek hou meer van Bobby as van sy suster. So hy kan enige tyd in die nuus wees en ek gee ook nie om met wat se nuus dit is nie. Bobby bo.

Ollie ·

Baie geluk Bobby en Annatjie! Mag sy vir julle baie vreugde bring!

Veertjie ·

Mag Armani net goedheid en guns uit God se Hand ontvang, al die dae van haar lewe! Geluk Bobby, Annatjie, Sion en Leben. Julle twee moet mooi na sussie kyk hoor! Ouma Veertjie

charmaine ·

Geluk Elfie met jou vriendin se dogtertjie….dis nou “wat geld nie kan koop nie” is vir die gewone mens nie beskore nie, maar dis wat “n vrou wil hoor”.

nig ·

Die naam laat my dink aan Casper wat eenkeer so gespot het met vreeslike name by Afrikansie vanne…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.