Boer van Wes-Kaap beproef eerlikheid met mielies

Die bakkie wat langs die pad in Baardskeerdersbos staan. Foto: Facebook via Peter Joubert

Die bakkie wat langs die pad in Baardskeerdersbos staan. Foto: Facebook via Peter Joubert

ʼn Boer in Baardskeerdersbos naby Gansbaai in die Wes-Kaap het harte laat warm klop toe hy onlangs sy bakkie met ʼn vrag mielies langs die pad gelaat het waar verbygaande motoriste mielies kon koop en die geld in ʼn kis los.

Die bordjie op die bakkie lui “Mielies te koop – R3 elk. Self help”.

ʼn Inwoner van Gansbaai, Peter Joubert, het langs die pad stilgehou en dié foto van die bakkie met mielies geneem. “Ek het die bakkie langs die pad gekry waaruit mielies verkoop word met ʼn eerlikheidskissie. Ons is werklik geseënd om te leef in ʼn gebied in Suid-Afrika met ʼn getroue munisipaliteit, polisie en ander dienslewering wat gelykstaande is aan ander lande,” het hy op Facebook geskryf.

Die inskrywing op die Facebook-blad “Wie maak vir Gansbaai lekker?” het ook daartoe gelei dat lede van die Facebook-groep ander plekke met dieselfde stelsel identifiseer het. Inwoners van Baardskeerdersbos het ook die bakkie geïdentifiseer en boodskappe gestuur in reaksie op dié gebaar.

“Dis nou ʼn oulike gebaar! Ek hoop almal is eerlik en betaal,” het Adele Burger-Groenewald, ʼn lid van die blad, geskryf.

“Hier in die Paarl het ons vroeër jare Jan se Kan gehad. Jy kon druiwe of vrugte koop en die geld in ʼn melkkan gooi,” het Marie Dempers geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Akram ·

Genugtig. dis n goeie gebaar. hoop net hulle betaal eelik. hy moet maar gereeld gaan kyk. dak kry hy die hoop mielies daar en die bakkie is weg….

chrisp ·

he he he Boerebok.
Sterkte maat.

ns.Hoe ver is Gansbaai van die parlementsgebou??

Paula ·

Ja, ons het byvoorbeeld so pampoene verkoop. Daar was soms selfs te veel geld in die houer. Ons het vir Caspaas elke dag iets nuuts gegee om te doen… (Hy was n opgestopte mannetjie met n helder geel Santa Getrudis oorpak aan) Ongelukkig het iemand vir Caspaas gevat en tot vandag toe nog nie terug besorg nie, maar hulle het die geld gelos…

Amelia ·

Ons het vandag daar gestop en mielies gekoop! Christo dis mooi mielies waarvoor ander mense dubbeld sou vra!

Pieter ·

Dit moet swaar wees om so swartgallig deur die lewe te gaan Christo

Vaatjie ·

Die oom moet maar versigtig wees, hier is baie struikrowers. Ek koop graag langs die pad daar want die pearly beach oordwinkel en frik se kafee beroof ons oumense.

Vicky ·

Wel, as dit self help is, dan kan jy mos vir jou mooi mielies uitsoek…… As jy mielies kies sonder pitte dan is dit mos jou probleem…… Onthou net die R3 hoor!

Willie ·

Maar die blare is so dik, jy sien eers by die huis die helfte van die mielies het net ‘n pit hier en ‘n pit daar soos ‘n vendusie klavier se klawers.

Ingelig. ·

Wat n eerlike gebaar, ek hoop en bid jou mandjie loop oor van voorspoed man!

Heleen ·

Christo, die mielies kom van n boer af dit is nie geskenk deur die regering ! ! !

Hester Jordaan ·

Mal oor dit! Boer maak ń plan. Die Gansbaaiers kan gerus kom kuier in Namibia! Die bitterbekke moet net daar bly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.