Braai saam met Demi Lee en ander

 braaidag_foto_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ná maande van afsondering is daar ʼn groot behoefte om weer in die buitelug te kuier, die somer te vier en te braai.

By Monte de Dios in Pretoria gaan Demi Lee Moore asook Pieter Smith, die groep Held van Harte en Jemma ʼn vleisie op die kole gooi ter viering van Nasionale Braaidag op 24 September.

“Dit is só lekker om ná maande van aanlyn konserte weer voor ʼn gehoor te sing. Ek kan nie wag om met die gaste ʼn geselsie aan te knoop rondom die braaivleisvure nie,” sê Moore.

Demi Lee Moore (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

“Wat is dan nou lekkerder as om ʼn nasionale vakansiedag saam met vriende en familie, fantastiese vermaak en borde gelaai met braaivleis en bykosse deur te bring?” sê Leon Pheiffer, eienaar van Monte de Dios en die EPH Groep.

Dié dag word met trots van 10:00 – 18:00 aangebied in samewerking met Cara Bella Café. Wyn-, boetiekbier- en gin-stalletjies asook vars plaasprodukte sal beskikbaar wees. Alles wat nodig is om lekker saam te kuier!

Daar sal iets vir almal wees en die hele gesin is welkom. Braaiborde wat roosterkoeke met botter en konfyt, lendeskyf, boerewors, hoendervlerkies, pap en sous, noedelslaai en soetsuur-beetslaai insluit is beskikbaar teen R220 per persoon. Braaiborde vir kinders wat roosterkoeke met botter en konfyt, boerewors en hoendervlerkies insluit is beskikbaar teen R80 per persoon.

Weens die Covid-19-regulasies sal daar beperkte toegang wees en tafelbesprekings en vooraf-bestellings vir braaiborde is noodsaaklik. Alle Covid-19-protokol sal streng gevolg word.

ʼn Tafel vir twee persone kan bespreek word teen R300, ʼn tafel vir vier persone teen R500 of ʼn tafel vir tien persone teen R800. Dié tarief sluit sitplek aan ʼn tafel asook die vertoning deur Demi Lee Moore, Pieter Smith, Held van Harte en Jemma in.

Bespreek nou om teleurstelling te voorkom!

Om te bespreek besoek Q2B. Jy is ook welkom om ʼn e-pos te stuur na [email protected] of skakel 087 654 4457/8/9. Vir bestellings van braaiborde stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.