Bring lig in lewens van 1 000 behoeftige kinders dié Kersfees

(Foto: Verskaf)

Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Noord bied jaarliks ʼn “Laat daar lig wees”-projek oor Kerstyd aan.

Met hierdie projek ontvang 1 000 behoeftige kinders ʼn Kersgeskenk en -partytjie – kinders wat andersins glad nie eers die kans sou gehad het om geskenkpakkies oop te maak nie. Families word ook van kruideniersware voorsien tydens die feesseisoen.

Volgens Anja le Cornu van CMR Noord sou die projek natuurlik glad nie moontlik wees sonder die hulp van die publiek nie. Die CMR, ʼn organisasie sonder winsoogmerk, gee hoop aan gesinne in nood en verskaf maatskaplike dienste. Die organisasie lewer dienste by 14 sentrums van hoop in Gauteng, Limpopo en Noordwes.

“Ons doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om hul harte en hande oop te maak om ons Kersprojek vanjaar te ondersteun.

“Die CMR moes weens tydsdruk die ontbrekende geskenkies self vir die kinders aankoop, maar sal graag weer ons fonds wil aanvul met finansiële bydraes vir die projek,” sê Le Cornu.

Die begroting vir die Kersgeskenke is sowat R250 per kind, maar dit sluit nie die koste van die Kerspartytjies vir die kinders by die 14 sentrums in nie.

“Hierdie is jou kans om lig in die lewens van behoeftige kinders en gesinne te bring in ʼn tyd wat andersins uiters donker sou wees. Maak ’n donasie en bring hoop.”

  • Besoek CMR Noord se webwerf hier vir bankbesonderhede, of om uit te vind hoe jy betrokke kan raak by hul projekte. Jy kan ook ʼn skenking deur Payfast maak deur op die skakel te klik. Gebruik die verwysing “Lig” as jy ʼn direkte oorbetaling doen, of “Laat daar lig wees” vir ʼn skenking met Payfast.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.