Buchan glo SA kán verander


Angus Buchan (Argieffoto)

Angus Buchan (Argieffoto)

Kaartjies vir die evangelis Angus Buchan se versoeningsbyeenkoms wat op 19 November in die FNB-stadion in Soweto plaasvind, is vanaf 21 Oktober gratis by Computicket beskikbaar.

Buchan het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om die geleentheid by te woon. “Boosheid gedy wanneer goeie mense niks doen nie,” het hy gesê. “Ons woon in een van die mooiste land ter wêreld, maar dit het tyd geword vir Suid-Afrikaners om byeen te kom en vir God te vra om die gees van verwoesting en droogte te breek. Ons is op ʼn mespunt in hierdie land en net God kan ons red.”

Volgens Buchan het hy al twee keer vantevore probeer om soortgelyke byeenkoms te reël waartydens Suid-Afrikaners hulleself kan verootmoedig, maar God het elke keer die deure toe gemaak. “God het hierdie keer die geleentheid gegee en ons grootste uitdaging nou is om seker te maak almal wat die byeenkoms wil bywoon kry die geleentheid.”

Op ʼn vraag oor wie vir die byeenkoms betaal, het Buchan geantwoord: “God voorsien, ons gaan beslis nie ʼn geldinsameling tydens die byeenkoms hou nie. Dit gaan daaroor om soveel moontlik mense voor God bymekaar te kry.”

Hy sê hy kan getuig van wat gebeur wanneer gelowiges in God se naam bymekaar kom om te bid. “Dink net wat kan gebeur as 100 000 Christene in Jesus se naam bymekaar kom. Ek doen ʼn beroep op mense om dié Saterdag te kom bid, elkeen het ʼn verantwoordelik.”

Buchan het ook ʼn beroep op mense gedoen om nie die land te verlaat te midde van al die land se uitdagings nie. “Ek het die geleentheid gehad om ver te reis en ek kan julle verseker die gras is nie altyd groener aan die anderkant nie. Daar is nog baie om voor op te staan en te veg in Suid-Afrika. Die duiwel is tans besig om sy bes te probeer om ons te verskrik met leuens, maar onthou die teenoorgestelde van vrees is geloof. God het my en jou nog nooit in die steek gelaat nie.”

  • Lesers wat die geleentheid wil bywoon kan kaartjies bekom deur dit direk by Computicket se kiosks af te haal of deur Computicket se dienssentrum te skakel by 0861 915 8000  of 011 340 8000. Kaartjies word beperk tot 10 per persoon. Kaartjies vir parkering kan ook by Computicket bespreek word en Park n Ride-geriewe is beskikbaar. Rea Vaya-busse en Uber-taxis sal ook vervoer na die geleentheid verskaf, met spesiale afslag vir mense wat die eerste keer van Uber se diens gebruik maak.
  • Angus Buchan het telefonies vanaf Greytown, KwaZulu-Natal met Esté Meyer Jansen gesels oor die 19 November se gleentheid. Luister na die gesprek in die podsending bo-aan die artikel.
  • Vir meer inligting, besoek Buchan se Facebook-blad of webwerf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Nog `n chip ? ·

As mens kaartjies moet koop vir `n godsdiens show dan beter almal `n upgrade kry.

Z ·

Nog ‘n chip
Gaan lees wéér… Die toegang is gratis. Ek neem aan dat die kaartjies maar net sorg vir ordereëlings.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Thea

Die kaartjies waarna jy verwys word slegs vir spesifieke lokale in die stadion verkoop – die res van die kaartjies is gratis.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Victor ·

Nee wat – daar is geen verantwoordelikheid op my om sy “konsert” by te woon nie

Michelle ·

Soos ek dit verstaan is dit ‘n versoeningsbyeenkoms en nie ‘n konsert nie. Ons het gelukkig, dank die Here, nie ‘n “konsert” nodig om vir enige iets te bid nie. Daar is krag in gebed, en ek dink hy bedoel ons elkeen het ‘n verantwoordelikheid as gelowige om te bid vir geneesing.

Ellie Rose ·

Weereens kan mens sien hoe koud ons mensdom teenoor ons Skepper staan! Anchus wil die volk en nasie verenig in gebed en dit word verkeerdelik ‘n godsdiens “show” en konsert genoem. Tyd dat ons wakker skrik en besef dat God hard met ons praat en dat ons weer soos voorheen Hom in ons lewens moet ken en Sy leiding moet volg.

Hanna ·

Prys God, God werk en wie kan dit keer. Hy wil ons land genees. En ek weet dat God gaan. Hy is so lief vir ons, en Hy wil ons red. Hy wil ons help, En God veg vir ons. Ek sit my vertroue in God in en ek is baie opgewonde vir dit wat Hy wil doen. Dankie Koning Jesus.

Maria van Dieweeck ·

Dankie oom Angus, ek wens ek kon daar wees, maar sal saam bid. Mag die Here u seen en wysheid gee. Mag ons gebede beantwoord word. Gee ook dat die wat nie verstaan wat hier gebeur nie, se harte insig sal kry. Jesus, Koning, Redder!

christine ·

Ek stem saam- 2 Kronieke 7;14 .. en My volk , oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde wee, dan sal EK uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle LAND GENEES. amen

Hoekom ·

Ek raak net vies dat die byeenkomste altyd in SOWETO gehou moet word .. wat is die obsessie met Soweto nou weer deesdae? Daar is baie ander stadions ook, maar Soweto moet nou promote word, die verkeer is chaoties en dit bly maar nie veilig in Soweto nie. Ek sal dit maar op TV dophou.

Pietman ·

” boosheid gedy wanneer goeie mense niks doen nie” en ” net God kan ons red”. So is dit nou goeie mense of God wat ons gaan red? ” dink net wat gebeur as 100 000 mense in Christus se naam bymekaar kom”- ek neem aan getalle maak die verskil? Is dit dan mense of God wat die verskil maak? Indien die land na so ‘n helse byeenkoms nogsteeds onder gaan, wie se skuld is dit dan? Daar was ook al sulke byeenkomste in die verlede en die land se toekoms lyk elke dag donkerder. Wat nou?

rudolph ·

aan almal wat so kerm en kla word eerder deel van die oplossing en bid saam!Dis slegs in Christus waar die antwoord is..Ons bid saam uit die Kaap!

Henk Vorster ·

More. Ons problem is dat ons geleenthede moet skep om te bid. Ons het nodig om iemand te kry soos Anchus om te bid nie. Dan voel ek beperk ons God tot iemand en ‘n plek. Daar waar ons is, daar moet elkeen na sy binnekamer gaan en bid. Groete Henk

Theuns ·

Johan Marx, Ek kan nie glo wat ek lees jy se nie? Dit is duidelik dat jy ‘n onugterde ou is en nou jou frustrasies op gelowiges wil uithaal. Nee man, temper jou aanslag, gaan op jou kniee en bid! Al is jy vir GOD kwaad sal hy altyd lief vir jou wees! En hier gaan baie gelowiges hier op Maroela wees wat vir jou gaan bid, ek self, en Gods seen my vriend! Liefde Groete.

Christine ·

Dankie Maria ek hoop dat Johann Marx ook gelees het wat jy se.. gee ook dat die wat nie verstaan wat hier gebeur nie se harte insig sal verkry.

Dawie ·

Manne, ons mis die boot baie vêr! Die oorwinning by Bloed rivier was juis ‘n wonderwerk van God. Hoe dink jy kon die boere so vinnig daardie wapens gelaai met buskryt om weer te kon skiet. God het vir die boere ingetree en ‘n wonderwerk het plaas gevind daardie dag. Jy kan nie die hoeveelheid boere wat daar was met die hoeveelheid swartes vergelyk wat gesterf het nie. Dit was ‘n wonderwerk wat net van God gekom het. Geloof is nie iets wat jy as mens kan beheer nie. Geloof is ‘n vaste vertroue in die onsienlike God dat Hy ‘n werklikheid is. Ek het ook nie geglo soos wat ek vandag glo nie. My denke en my kennis van God se Woord was beswaarlik ‘n gebed wat ek kon opsê! Vandag kan ek vir jou baie meer vertel omdat ek ‘n persoonlike ontmoeting met die Here gehad het en ek kan vandag vir jou sê, Hy wat Jesus Christus is, is ‘n werklikheid dat Hy Seun van God is. Daar is vandag geen twyfel by my oor die ewige lewe in Christus Jesus nie!! Groete en weet net die Here is ten spyte van alles, nog altyd lief vir jou.

Delani ·

Pietman, jou geloof is klein!!!! gebed is kragtig!!!!!
ek sien die kaartjies is R50 op Computicket. pla my nie om dit te betaal nie.

Marianne ·

Mense ons land is onredbaar….
Ons land is vertrap, verwurg en vermoor…..
Die wat kan, het en sal ‘n ander land hul tuiste maak….
ONS WAT AGTER BLY – ONS MOET HOOP – ONS MOET BID…. Die saak lyk onredbaar tog glo ek, by God is niks onrealisties nie.
Ek het baie respekte vir Angus Buchan, daar is mense wat glo jy is ‘n valse profeet, hy laster tog nie, hy praat uit sy hart. Hy nes meeste van ons wil vrede en voorspoed vir almal in ons land he.

Peet J ·

Ek wil dit tog net duidelik maak dat ooreenkomstig die Woord van die Almagtige God Skepper van Hemel en Aarde met alles wat daarin is m.a.w.die eerste Testament die vyf boeke van Moses en die geskiedenis wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van die Katolieke geloof wat deur die mens geskep is die tweede Testament hemelsbreed verskil. Die Christelike geloof sowel as baie ander afvallige gelowe het die geloofsbelydenis van die Katolieke geloof aangeneem en laasgenoemde geloof is nie gebasseer op die geloof van die Eerste Testament nie.

Se iets ·

Sjoe mense die wat so se oor nie bid nie niks sal die land help nie REGTIG waar is julle geloof, oor nie bid en net haat spreek sal niks maar niks reg kom nie. Glo en vertrou dinge sal regkom. Gaan bid en jy sal sien wat die Here als in staat is om te doen

Marie Salzwedel ·

Ons glo nie almal aan feëverhale nie. Party van ons kan nog dink!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.