Bykans 17 000 vrywilligers help strande skoonmaak

Die Jukskeirivier is ook in die proses skoongemaak. Foto: Verskaf

Die Jukskeirivier is ook in die proses skoongemaak. Foto: Verskaf

Plastics SA, ʼn organisasie wat jaarliks deelneem aan die internasionale skoonmaakdag van strande om kusgebiede en omliggende areas skoon te maak, sê vanjaar se skoonmaakdag wat op 19 September plaasgevind het, was ’n reuse-sukses.

Dié internasionale skoonmaakdag van kusgebiede is ’n inisiatief wat in 1996 in die Amerikaanse deelstaat Texas begin is deur ’n vrou wat besorg was oor al die vullis wat op die strand gelê het. Sy het in die bestek van twee uur byna 2 800 inwoners opkommandeer wat altesaam 124 ton vullis van die strande verwyder het.

Volgens Plastics SA kom meer as 75% van alle rommel in die see van landgebiede. Om te voorkom dat dié rommel in die see beland, is dit die oogmerk van die internasionale kusskoonmaakdag, saam met projekte soos Clean-Up en Recycle Week SA, om strande so skoon as moontlik te hou.

Jacques Lightfoot, volhoubaarheidsbestuurder van Plastics SA, sê provinsiale regerings, plaaslike munisipaliteite, omgewingsorganisasies, sakeondernemings en skole het vanjaar dié inisiatief gesteun. “Meer as 90 000 vrywilligers het die Clean-Up- en Recycle SA-aktiwiteite langs paaie, riviere, skole en in woongebiede gesteun,” het hy gesê.

Selfs al was die weersomstandighede nie waffers nie, was daar 5 200 vrywilligers wat vanjaar aan die skoonmaakprojek in KwaZulu-Natal deelgeneem het. Elke vrywilliger het omtrent 4,4 kg rommel bymekaargemaak, dit wil sê meer as twee sakke per persoon.

“Ons het ongelooflike ondersteuning die jaar gekry. Ons strande, riwwe, riviermondings, riviere en opvanggebiede is skoner met die 22 871 kg wat verwyder is,” sê Wayne Munger van KwaZulu-Natal Natuurlewe.

Daar is vanjaar ook meer as 109 160 items, wat saam meer as 5,3 ton weeg, van strande in die Oos-, Wes- en Noord-Kaap verwyder.  Die rommel wat verwyder is strek oor ’n afstand van verder as 77 km en dieper as 1 000 m onder die water.

“Dit was inspirerend om te sien dat, in die drie Kaapse provinsies alleen, die deelname aan die wêreld se grootste vrywillige strandskoonmaak toegeneem het tot 16 141 mense, in vergelyking met die 850 vrywilligers wat aan ons eerste strandskoonmaak deelgeneem het,” het John Kieser, volhoubaarheidsbestuurder van Plastics SA, gesê.

Kieser het ook gesê dat die meeste rommel op strande bestaan uit sigaretstompies, lekkergoedpapiertjies, glasbotteltjies en plastiek. “ʼn Begrip van die probleem kan ons help om langtermyn-oplossings te vind vir rommel op ons strande.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danielja ·

Is baie bly soveel rommel is verwyder. Dit moet elke Suid Afrikaner se plig word om wanneer hulle, gaan stap, draf, fietsry ens. met ‘n swartsak rond te loop en die rommel op te tel wat rondle waar hy/sy beweeg.
Ek doen dit self, elke dag as ek met my honde gaan stap. Elke bietjie wat elkeen doen help. Ek wil ook die rommel begin sorteer, wat ek as een van my 2016 voornemens sal maak. Hoop elkeen wat die artikel lees maak ook ‘n verskil.

Sal aanraai dat julle die volgende webtuiste besoek, asook die dokumenter kyk: http://racingextinction.com/

Nadat ek dit gekyk het, het ek sopas my eerste vleis vrye Maandag gehad. Glad nie so moeilik nie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Toe ek a kind was het jou stere vinnig gebrand as jy rommel strooi

Johann Marx ·

Gaan spandeer tyd in Aus. Daar sal so ‘n dag geen aftrek kry nie, want niemand mors enige iets nie. In Suid Afrika word dit beskou as “werkskepping”…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.