Carla’s Au Pairs: Die mooiste landskappe en soetste herinneringe met ondersteuning

(Grafika: Verskaf)

Wat doen ʼn mens as jy op die perron van die res van jou lewe staan, maar jy weet nie watter trein om te klim nie? Sommige treine vat ons universiteit toe – nog drie jaar wat in ʼn oogwink verbyvlieg. Ander neem ons reguit met ʼn groot spoed die grootmenslewe in.

Soms is ons gelukkig om op ʼn trein te klim wat ons op die grootste avonture vat, met die mooiste landskappe en soetste herinneringe. Wolkekrabbers in New York, tulpe in Nederland, briekaas onder die Eiffeltoring, honderde biersoorte en -smake in België, die Hollywood Walk of Fame in Los Angeles, die auroras in Swede, Oktoberfest in München en pizza langs die Colosseum.

ʼn Avontuur so groot soos dié is byna vreesaanjaend. Emosies wat jy nie geweet het bestaan nie, gaan jy ervaar. Om jou spulletjies te pak en ʼn vreemde land aan te durf, sit nie in elke tweede persoon se broek nie. Bygesê; tot die oomblik dat jy ʼn agentskap het wat bankvas agter jou staan en jou die laaste stootjie oor die drumpel gee.

Veiligheid sal altyd ʼn bekommernis wees en daarom is dit die slimste opsie om as jong meisie oorsee te gaan as au pair. Daar waar programme gereguleer word, jy by ʼn gasgesin bly, die geleentheid kry om te reis en meer oor die kultuur te leer, sakgeld te verdien terwyl jy werk en om gratis te bly en eet. Natuurlik moet jy ʼn voorliefde en passie vir kinders hê – dit sal die werkdag ʼn tikkie korter laat voel. ʼn Lus vir die lewe en sin vir avontuur gaan in jou voordeel tel.

Au pairs wat die CAP-opleiding by Carla’s Au Pairs voltooi het. (Foto: Verskaf)

Carla’s Au Pairs Noordwes gee jou nie net die geleentheid om jou drome te bewaarheid nie, maar ook ʼn belofte dat jy ten alle tye veilig sal wees en ondersteun sal word. Ons programme sluit in die VSA, Nederland, België, Swede, Duitsland en Italië. Ons stap nie slegs die pad saam met jou deur die aansoekproses lughawe toe nie, maar ook wanneer jy voet aan wal stap in die vreemde. Gewapen met jou spesiale gratis CAP-vertrekpakkie is jy reg om jou nuwe werk aan te durf met ʼn susterskap (sisterhood) aan jou sy.

Sekere programme sluit vliegtuigkaartjies in, alle programme bied visum-bystand en ons bied ʼn leeftyd se herinneringe. Jy gaan lewenslange vriende maak in die buiteland, maar ook by ons eksklusiewe CAP-opleiding in Suid-Afrika. Ons kantoor beskik oor verteenwoordigers van reg oor Suid-Afrika en Namibië, waarvan 95% van ons werknemers self oud-Au Pairs is, en sal jou ten volle kan voorberei op dit wat jy kan verwag.

Dis belangrik om te weet waar jou belange lê – ons s’n lê by jou. By Carla’s Au Pairs Noordwes is jy nie net ʼn nommer nie, maar ʼn naam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.