Charlize Theron, Avbob bied hulp aan vloedslagoffers

Charlize Theron (argieffoto)

Hollywood-aktrise Charlize Theron het Dinsdagoggend met ’n Instagram-plasing geldelike ondersteuning aan KwaZulu-Natal se vloedslagoffers beloof.

“My tuisland, Suid-Afrika, gaan deur ’n geweldige moeilike tyd, en terwyl ek weet dat talle dele van die wêreld op die oomblik in pyn is en baie van ons as wêreldburgers gevra word, hoop ek dat jy dit in jou hart sal vind om te help,” het die onlangse plasing van die boorling van Benoni gelui.

Alle skenkings wat aan haar organisasie, die Charlize Theron Afrika-uitreikprojek (CTAOP), gemaak word, sal aan plaaslike slagoffers geskenk word.

Dit volg na die vloede verlede week in die provinsie reeds meer as 440 lewens geëis het. Maroela Media het ook berig dat pres. Cyril Ramaphosa Maandag ʼn nasionale ramptoestand aangekondig het in ʼn poging om doeltreffend op die humanitêre en ekonomiese krisis in KwaZulu-Natal te reageer.

Intussen het die begrafnisondernemer Avbob R7 miljoen beskikbaar gestel as onmiddellike ondersteuning aan die gemeenskappe wat deur die vloede geraak is.

’n Verdere R20 000 per individu sal deur die onderneming beskikbaar gestel word om families wat as gevolg van die vloede geliefdes aan die dood afgestaan het, met die betaling van begrafnisse by te staan.

Carl van der Riet, uitvoerende direkteur van Avbob, meen dat die organisasie ’n verantwoordelikheid teenoor gemeenskappe en hul sosio-ekonomiese welstand het.

“Ons het ’n visie van volhoubare gemeenskappe, en ons is toegewyd daaraan om die visie ’n werklikheid te maak.”

Vir meer inligting oor die aanbod, kan inwoners van KwaZulu-Natal hul naaste Avbob-tak kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Riaan ·

Ja ou Charlizie… As jy nie jou swart seuntjie as ‘n dogterjie groot maak nie, kon jy miskien vir my ook oorgehaal het om hand by te sit. Die kabala geloof is maar ‘n swaar tug meester.

Keelvol ·

Nee wat Charlize, hou jou geld. Jy’t nog niks vir die boere iets gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.