Chris Chameleon is ongetwyfeld uniek. Al ooit gewonder hoe jy uniek kan wees? Hy reken die antwoord is baie maklik: wees net jouself!
Moenie bang wees om jou unieke persoonlikheid uit te leef en vir die wêreld te wys wat in jou steek nie!
Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.
Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!
Ek hou van die manier waarop julle die “branding” van die slimfone hanteer. Bravo. Eerste keer wat ek dit in enige media of aankondiging sien.