CPD-punte kan nou in Afrikaans behaal word

s-leer-cdp-01

S-leer, het Donderdag amptelik sy akkreditasie ontvang om punte vir voortgesette professionele opleiding (CPD-punte) aan werkende mense toe te ken. Foto: Facebook.

S-leer, Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer, het Donderdag amptelik sy akkreditasie ontvang om punte vir voortgesette professionele opleiding (CPD-punte) aan werkende mense toe te ken.

Volgens Leana Leonard, besturende direkteur van S-leer, vereis regulasies in talle professionele beroepe dat praktisyns ʼn sekere getal punte per jaar moet verwerf. “Danksy S-leer se amptelike akkreditasie, kan belangstellendes nou hul CPD-punte verwerf deur hoogs gespesialiseerde seminare en kursusse, wat in Afrikaans aangebied word, by te woon,” het Leonard gesê.

“Dit is net nog ʼn inisiatief om aan Solidariteit-lede die geleentheid te gee om hul vermoëns en vaardighede tot so ʼn mate te ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou om sodoende vry, veilig en voorspoedig te kan leef,” het Leonard gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dark.O ·

Maroerla Media, sal mens nie “voortgesette professionele opleiding” met VPO kan afkort nie, aangesien CPD vir “continuous professional development” staan?

Landi Slatter ·

Dagsê Dark.o

Dankie vir die navraag. Dit staan egter in die algemeen bekend as “CPD-punte”, en die Engelse afkorting word dus behou om verwarring te voorkom.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

dr hanno ·

CPD is nie korrek nie. Dit staan al sedert aanvang dekades gelede as VPO bekend. Stop tog die onnodige Engels.

Ken ·

Laat ons nie hare kloof oor wat dit genoem word nie, kom ons sê Dankie vir almal wat dit moontlik gemaak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.