S-leer, Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer, het Donderdag amptelik sy akkreditasie ontvang om punte vir voortgesette professionele opleiding (CPD-punte) aan werkende mense toe te ken.
Volgens Leana Leonard, besturende direkteur van S-leer, vereis regulasies in talle professionele beroepe dat praktisyns ʼn sekere getal punte per jaar moet verwerf. “Danksy S-leer se amptelike akkreditasie, kan belangstellendes nou hul CPD-punte verwerf deur hoogs gespesialiseerde seminare en kursusse, wat in Afrikaans aangebied word, by te woon,” het Leonard gesê.
“Dit is net nog ʼn inisiatief om aan Solidariteit-lede die geleentheid te gee om hul vermoëns en vaardighede tot so ʼn mate te ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou om sodoende vry, veilig en voorspoedig te kan leef,” het Leonard gesê.
- Besoek S-leer se webwerf of die sentrum se Facebook-blad vir meer inligting.
Maroerla Media, sal mens nie “voortgesette professionele opleiding” met VPO kan afkort nie, aangesien CPD vir “continuous professional development” staan?
Dagsê Dark.o
Dankie vir die navraag. Dit staan egter in die algemeen bekend as “CPD-punte”, en die Engelse afkorting word dus behou om verwarring te voorkom.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Dankie vir die verduideliking, MM. Ek sien Solidariteit gebruik wel die begrip “VPO-punte”. Sien: https://solidariteit.co.za/cpd-punte-in-afrikaans/
CPD is nie korrek nie. Dit staan al sedert aanvang dekades gelede as VPO bekend. Stop tog die onnodige Engels.
Laat ons nie hare kloof oor wat dit genoem word nie, kom ons sê Dankie vir almal wat dit moontlik gemaak het.
Julle kook, baie dankie!!