“Ek dryf nou nog ’n bietjie. Beste dag van my hele bestaan. Ooit.” [sic]
Só het die hoofsanger van die musiekgroep Spoegwolf oor sy troudag wat op Saterdag in die Paarl plaasgevind het, op sy Instagram-bladsy gegons.
In ʼn fluweelgroen pak het die sanger ewige trou aan Melissa Bradshaw beloof. Dié was geklee in ’n elegante wit rok wat deur die ontwerper Charlotte Francina aanmekaar gesit is.
In ’n ander Instagram-plasing wat Du Toit gedeel het, het hy die liefde vir sy bruid in ’n gedig omgesit:
“ons het getrou in die Paarl
ons vriende en familie was daar
my tannie se macerons
het alles vol glitter gemaak
kinders het gespeel
en musiek was in my hart,” lui ’n deel van die gedig.
Die verliefdes is tans besig om heerlik wittebrood te hou.
Talle bekendes soos Francois van Coke, Demi Lee Moore en Bok van Blerk het die egpaar gelukgewens met die verhoudingsmylpaal wat hulle bereik het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Baie geluk julle.