Danville se liggiehuis het méér as net liggies

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die Danville-liggiehuisprojek is reeds 22 jaar aan die gang en is veel meer as net ʼn huis wat met liggies versier is. “Dit gaan nie meer regtig vir ons oor die liggies nie, maar sonder die liggies kan ons nie die publiek lok om ons te help nie.” So vertel Jacomien van der Merwe, dogter van Brenda van der Merwe, die vrou wat dié projek op die been gekry het.

Die liggiehuisprojek is al só deel van die Van der Merwe-gesin, dat ouma en oupa ook al ingespan is om te help. “Ons is 13 familielede wat elke jaar dié projek bedryf.”

Jacomien vertel hoe haar ma eendag ʼn Kersvader, wat uit draad gemaak is, by hulle hek gesit het en hoe mense (veral kinders) briefies by dié Kersvader se voete kom neerlê het. “Dit was die hartseerste briefies. Mense het gevra vir kos vir Kersfees. Een kind het vir ʼn teddiebeer vir sy ma gevra omdat sy nooit ʼn geskenk vir Kersfees kry nie.”

Brenda het met so ongeveer 300 geskenkpakkies begin en deur die jare het dit aansienlik meer geword.

Jacomien sê die liggiehuisprojek ondersteun tans 950 gesinne, 450 bejaardes en ongeveer 10 000 kinders. “Ons ondersteun hierdie mense deur kospakkies en komberse aan hulle te voorsien en ons wil ook graag speelgoed en lekkers vir die kinders gee.” Dié organisasie ontvang nie geldelike donasies nie omdat kos en speelgoed makliker versprei kan word. “Dis makliker om te wys wat ons met die kos en speelgoed doen.”

“Ons besef dit gaan oral maar moeilik, maar ons is heeltemal afhanklik van die publiek. Ons wil graag vir mense vra om ons te ondersteun deur blikkieskos en speelgoed te skenk. Mense kan enige tyd vir ons iets bring en hulle is meer as welkom om kos en geskenke by die huis af te lewer.”

Liggies brand van 1 Desember tot 1 Januarie om 19:00 tot 22:00 te Millar Straat 134, Danville, Pretoria. Besoek gerus die Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eliza-beth ·

So bly om die berig te lees – ek is ‘n ondersteuner van die wonderlike projek en het alreeds klomp pakkies toegedraai wat net wag om deur geneem te word!Komaan mense, ‘n paar pakkies lekkers, bliikieskos of koekies seep of een of twee geskenkies gaan jou nie die wêreld kos nie, ondersteun hul asb!

george ·

Dit is n uitstekende projek wat soveel mense help. Ek gaan n nuwe sitkamer stel koop en wil graag my ou een aan n behoeftige gee. Dit is beter om te gee as om jou hand toe hou. Julle het my ondersteuning.

THEA SWART ·

ons was een jaar daar en toe word daar busse vol kinders aangery om in die tou te staan vir ‘n geskenkie party ouers het met die Mercedes om die hoek gewag en die 4×4 ‘n entjie verder – hulle geskenke le alreeds en wag by die huis onder die boompies en sal wragies die wat niks het sin ook nog wil he – dit was bitter hartseer – ja ek skenk ook graag aan die wat werklik swaarkry maar waar trek jy die streep – die een oomblik gee jy mildelik en die volgende oomblik sien jy hulle klim in ‘n 4×4 – die wereld is siek

Amelia ·

Thea, dit is swaar om sulke goed te hoor en sien. ons het nie nodig gehad om n skenking te kry nie maar ek het steeds my seun soontoe gevat net om kersvader te sien. my seun was 2jr oud. hoe moet ek nou vir hom se dat hy mag nie n geskenkie vat by kersvader nie?

Eliza-beth ·

Thea dis bitter selg om so iets te hoor. Amelia, jy kan dalk net mooi met jou kind praat en sê daar is geskenke tuis en dat hierdie spesiale pakkies vir spesiale kinds is wat nie geksenkies tuis het nie. Mens moet hulle maar leer want hoe sal hul nie weet nie. Dis vi rmy erg as ek sulke goed hoor. Mens kan ook joukind vooraf vertel die geskenke wat daar is is vir spesiale kinders en dis niejou kind nie. Waarom nie ook ‘n paar geskenkies saamvat en dat jou kind dit oorhandig en so leer waaroor dit eintlik gaan – dit hoef nie duur te wees nie. Nou leer jy sommer jou kind van gee vir minderbevoorregtes en dat alles nie altyd vir hom/haar is nie.Ek het vandag weer by Pep klomp sagte speelgoed so goedkoop gaan koop en inrygkraletjies en sommer geodkoop inkleurboeke gekry en so aan. Die groot toedraai is steeds aan die gang by my en ek kyk in elke winkel waar ek kom vir winskopies – sommer reg deur die jaar wat vir hierdie projek gaan. Laat ons ons kinders van kleins af leer van gee en omgee. Neem al is dit EEN geskenkie en as jou kind een neem moet jy hom vooraf vertel hoe om te maak. As mens dit mooi vooraf doen sal daar nie “tantrums” en dinge wees nie!

Eliza-beth ·

Oeps en verskoon my vingerfoute – haastigheid want daar is pakkies wat wag om toegedraai te word : )

Tersia ·

Wragtig daar is maaitjies daar buite gesinne daar buite wat die geskenkies meer nodig het. Enige ouer kan ‘n plan maak, dalk ‘n sweets pakkie in die mou hou of soort van die aard en as jou kind geskenkie kry by kersvader wat jy weet eintlik vir ‘n ander kindjie meer sal beteken omdat jou kind alreeds ene by die huis onder die boom het kan jy vir kersvader se daai geskenkie sal meer by ‘n kindjie van die Here pas wat dit meer nodig het, dan kan jy di sweetspakkie wat jy ingevat het net so vir jou kind gee en se kersvader het die vir jou gegee as hy/sy tantrum wil gooi. Maak plan ouers maak altyd plan om hul kindjies se hartjies bly te maak, dis juis hoekom die kindjies wat niks kan kry weens omstandighede daarna toe gaan vir ietsie om glimlaggies op hul kinders se gesiggies te sien. Have a heart mense dink vir julself.

nig ·

Ja-nee los daai sjokolade vir net TWEE keer en jy het geld om ‘n ou ietsie te koop. Dis tog wat die gees van Kersfees is- om te gee en met liefde! Dankie aan almal wat ‘n oop hand en hart met hierdie tye het.

Sollie ·

Kyk, as ek so vieslike ding met ‘n 4×4 om die hoekie sien wag sal ek BESLIS iets sê wat hy sal hoor. Wat ‘n skande. Maar what goes around comes around, daai tipe sal een of ander tyd onthou hoe hul ander iets misgun het deur dit wat hul nie toekom nie te vat. Siesa jinne! Ek is sommer ook gemotiveerd en sal ietsie vat verseker. Dankie Liggiehuis vir jul wonderlike werk.

Jacomien van der Merwe ·

Hallo. Baie dankie vir almal wat ons projek ondersteun. Ons werk so. Vanaf November maand kom ons minderbevooregte gesinne met ‘n motiverings brief wat hulle omstandigehede beskryf, bewys van verblyf en I’d dokument na ons. So word hulle gerigestreer by ons. Hulle en hulle kinders se name, adres en I’d nommer word neer geskryf in ‘n boek. Hulle kry dan vouchers. Die voucher bring hulle na ons op die dae wat ons uitdeel. Dis hoe ons boek hou oor hoeveel gesinne en kinders. Party mense het nie vervoer tot by ons nie, so bring mense by wie hulle agter in die tuin bly hulle na ons. Ons maak ook op oukersdag so dat as ons kinders klaar geskenkies en lekker goed pakkies gekry het en daar bly dalk lekkergoed pakkies wat ons in boksies verbak oor, deel ons uit vir die kinders wat na die liggies kom kyk. Dit is tog oukersaand. Lekkergoed kan mens nie vir ‘n jaar wegpak nie maar geskenkies kan mens. Vir enige vrae of inligting gaan loer gerus op ons fb blad: Danville Liggiehuis Brenda van der Merwe.
Epos: [email protected].
Webtuiste: http://www.danvilleliggiehuis.co.za.
Kontak nommers. 012 386 0482 / 012 386 9882.
082 369 4811 / 072 347 4476
Groete
Danville Liggiehuis

Michael ·

Mooi Jacomien – ek kan sien julle doen dit reg en regverdig. Vir mense soos Amelia wil ek sê jy skuld mos nou hierdie ouens – siende jou kind geksenkie geneem het kan jy nou paar skenkings doen. Doen die regte ding, gaan koop paar pakke lekkers, een of twee speelgoedjies en neem dit nou al na die mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.