David Kramer skryf liedjie vir donkies

David Kramer saam met ‘n donkie by Eseltjiesrus. (Foto: verskaf)

David Kramer bekoor opnuut met sy trefferliedjie Donkiehemel wat hy spesiaal vir die donkies van Eseltjiesrus naby McGregor in die Wes-Kaap geskryf het.

Dié liedjie is op 8 Mei, oftewel wêreldwye Donkiedag, uitgereik ten bate van bewusmaking oor dié veelsydige diere.

“Toe ek onlangs Eseltjiesrus besoek het, was daar  ʼn voorstel dat ek ʼn liedjie vir hulle skryf. Aanvanklik kon ek my nie indink wat ek oor donkies sou sing nie, maar die volgende dag het ek die transformasie by die meeste van hierdie diere gesien. Dit het by my opgekom dat Eseltjiesrus vir ʼn mishandelde donkie soos die hemel moet lyk. Toe ek eers die idee gehad het, het die liedjie redelik maklik gekom,” het Kramer oor die liedjie vertel.

In 2008 het hy die beskermheer van dié donkie-oord geword. Eseltjiesrus word beskryf as ʼn plek van toevlug vir die donkies.

“Dié treffende liedjie sal beslis lank benut word om ʼn groter bewustheid te skep omtrent die belang en behoeftes van donkies,” sê Annemarie van Zijl, medestigter van Eseltjiesrus.

Van Zijl is ook die redakteur van Donkeys for Africa, ʼn tydskrifprojek wat kommunikasie oor donkiesake regoor Afrika bevorder.

Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Riaan

Wie gaan die liedjie sing … Willie Madisha van Cope ?