Die APA: Afrikaans in hoogste versnelling

apa_logo

[Promosie-artikel]

Stel jy belang in ʼn graad in die Geesteswetenskappe binne ʼn dinamiese Christelike  omgewing met Afrikaans as onderrigtaal? Die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA) in Pretoria is dalk net die plek vir jou.

Menige ouer het bekommerde vrae oor hul kinders se verdere studies. In hierdie artikel hanteer ons ʼn paar van die belangrikste vrae.

Moet my kind nie eerder die Geesteswetenskappe studeer in Engels nie?

Geesteswetenskappe spreek die siel van die mens aan. Dit gaan oor die naspeur van ons diepste en beste ervarings oor godsdiens, filosofie, taal, literatuur, musiek, geskiedenis en kultuur wat oor eeue in ʼn bepaalde studieveld ontwikkel het.  Dit is ʼn unieke veld, wat groot invloed uitoefen as wêreldbeskoulike dryfkrag van ʼn samelewing en waar ervaring, taalgevoel en emosie ʼn groot rol speel.

Onderrig in iets anders as ʼn moedertaal kan moeilik die erns, persoonlike emosie en begrip oordra soos ʼn moedertaal kan. Die moedertaal is ook ʼn belangrike bousteen waarop daar geleidelik ook in Engels gebou kan word. Belangrike Engelse handboeke word ook waar nodig ingespan en bekwame studente kan uiteindelik die wêreld in beide Afrikaans en Engels aandurf met een verskil: Hulle kan hul werk doen op die snykant van Afrikaans en is deel van ʼn volgende geslag wat Afrikaans as akademiese taal vlerke gee.

Dit beteken ons is trots om ons taal, wat maar een van vier in die wêreld is wat gedurende die twintigste eeu van kombuistaal tot universiteitstaal ontwikkel het, lug te gee in akademiese tekste. Terwyl dit juis so ʼn skaars artikel geword het, gun u kind die voorreg om die gemak, diepte en emosie van Afrikaans in sy hoogste versnelling te geniet.

 Gaan Afrikaans as akademiese vaktaal oorleef?

Die bekende taalaktivis, dr. Breyten Breytenbach, het by geleentheid gewaarsku as Afrikaans as ʼn akademiese taal verlore gaan, sal dit een van sy hoër orde funksies verloor. Dan is die taal op pad om ʼn taal te word “wat net om die braai gepraat word”, voorspel hy.

Vergeleke met wat die antwoord oor geesteswetenskappe hierbo hanteer, is dit nie ʼn kwessie of Afrikaans gaan oorleef nie. Afrikaans moet oorleef vir ons kinders se geestelike welstand en voorreg tot onderrig daarin.  Dit is nodig om die mens se siel in die wetenskap oor te dra.

In die tyd ná die amptelike erkenning van Afrikaans gedurende Mei 1925, tot waar ons vandag is, het Afrikaans al die funksies van ʼn standaardtaal aanvaar en op hierdie wyse vir sy sprekers ʼn volwaardige taal geword: as taal van die onderwys (skool, universiteit), die kerk (Bybel, godsdiensbeoefening), die hof (wette, uitsprake, verdediging), die media (radio, TV, die sosiale media van vandag; koerante, tydskrifte), ontspanning en vermaak (rolprente, musiek, feeste, sport), die ekonomie (taal van werk, taal van geld maak), politiek, parlement, ensovoorts. Dus álle funksies wat nodig is om ons kinders in staat te stel om met behulp van taal hulle menswees in hierdie land uit te leef.

Die AP Akademie het reeds sedert 2000 ʼn model van uitnemendheid begin ontwikkel vir geesteswetenskap-onderrig in Afrikaans as moedertaal.  Om as vaktaal in Afrikaans te oorleef, moet ons en ons kinders dit eenvoudig LEEF en bly praktiseer.

Watter besondere vorming en beroepsmoontlikhede is daar wanneer ʼn graad in die Geesteswetenskappe by die APA behaal word?

By ʼn instansie, soos die AP Akademie, word nie net gelet op wat binne die klaskamers gebeur nie, maar ook daarbuite. Vanuit die klassieke Bildung-gedagte, stel ons die ideaal om studente te help vorm wat met hul volle menswees roepingsbewus voor die aangesig van God gaan lewe, met ’ʼn oog vir die groter prentjie”.

Deur middel van onder meer wydingsdienste en ʼn verpligte jaarkursus in filosofie, ʼn halwe jaar oor wêreldbeskouing, asook studentepraktyke wat daarmee ooreenstem, strewe ons om ʼn unieke grondslag te lê vir verskeie beroepe.

Dié beroepe is natuurlik onderwys, taalberoepe, sielkunde, menslike hulpbronne en bediening vanuit die teologie.  Daar is ook ruimte vir veelsydigheidsberoepe wat verband hou met rekenaartegnologie, wiskunde, sosiologie en vele meer.  Ons het ook onlangs die goeie nuus ontvang dat die registrasie van ʼn NGOS as onderwyskwalifikasie voorwaardelik goedgekeur is om in 2018 te begin.

Is daar vir my as ouer student ook geleentheid vir verdere studie by die APA?

Die AP Akademie het ʼn slypskoolprogram ontwikkel vir diegene wat hulself wil opskerp of sommer net die water wil toets vir moontlike toekomstige ideale.  Die eerste slypskool vind plaas op Saterdag, 11 Februarie 2017, met die onderwerp “Kindertrauma asook baba mylpale: oefening en vroeë kinderontwikkeling.”

Die tweede slypskool word beplan vir Saterdag, 6 Mei 2017, met die onderwerp “Dissipline, uitdagende gedrag en kinderdepressie”.  In die tweede helfde van die jaar word die onderwerp “Emosionele intelligensie en spelterapie” hanteer by die derde slypskool op Saterdag, 5 Augustus 2017.

Die laaste slypskool van die jaar vind plaas op Saterdag, 9 September 2017 en handel die onderwerp “Hulpmiddels en ander media vir stimulerende leerervaringe.” Die slypskole word juis op Saterdae aangebied, sodat ouers of belangstellendes met hul druk programme, kan beplan vir die bywoning daarvan by die AP Akademie se kampus in Pretoria.

Kyk gerus aanstaande maand uit vir ons volgende bekendstelling .  Vir verdere inligting, besoek gerus ons webblad by www.apa.ac.za of kontak Annami Bruwer enige tyd by 082 577 7928 of epos: [email protected].

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.