Die APA: Geesteswetenskappe in klassieke styl

apa_logo[Promosie-artikel]

 

Stel jy belang in die Geesteswetenskappe binne ’n dinamies Christelike omgewing met Afrikaans as onderrigtaal? Die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA) in Pretoria, waar nuwe weë met ou spore gebaan word, is dalk net die plek vir jou.

Menige ouer het knelvrae oor hul kinders se verdere studie. In hierdie tweede artikel hanteer ons nog belangrike vrae.

Watter loopbane kan my kind volg ná ’n BA-graad by die APA?

Die Baccalaureusgraad is dikwels ʼn grondslag-kwalifikasie en voorbereiding tot verdere spesialiskeuses. Dit is vir baie die eerste stap tot hoër onderwys. Die AP Akademie het ʼn unieke BA-graad ontwikkel vir hierdie doeleindes. Dit verleen toegang tot ten minste die volgende beroepsmoontlikhede:

  • Onderwys
  • Menslike hulpbronne
  • Teologie
  • Taalberoepe
  • Sielkunde
  • Veelsydigheidsberoepe soos rekenaartegnologie, wiskunde, sosiologie.

 

Die APA se BA-graad het ʼn klassieke grondslag wat die Bildung-gedagte ondersteun. Dit beteken dat ons die ideaal stel om studente te help vorm wat met hulle volle menswees roepingsbewus voor die aangesig van God gaan lewe, met ’n oog vir die groter prentjie. Deur middel van onder meer wydingsdienste, ’n verpligte jaar filosofie, ’n halwe jaar oor wêreldbeskouing, asook studentepraktyke wat in lyn daarmee staan, strewe die APA om ʼn unieke grondslag te lê vir verskeie beroepe. Dit gaan nie vir ons bloot daaroor om mense vir ’n beroep af te rig nie. Die APA wil mense eerder voorberei vir die lewe en toerus om elke denkbare uitdaging te hanteer en om leiers in hul betrokke veld te word. Daarom streef die APA daarna om kritiese denkvaardighede in te oefen en kreatiewe denke met ’n gefundeerde uitkyk aan te moedig. By ʼn instansie soos die APA word daar nie net gelet op wat binne die klaskamers gebeur nie, maar ook daarbuite.

Wat is die moontlikheid om voor te berei vir ’n beroep en tog aan die einde ook ’n onderwysdiploma by te voeg?  

Een van die beroepe wat maar altyd belangrik bly vir die vorming van ’n volgende geslag, is natuurlik onderwys. Vroeg in Desember 2016 het die APA kennis ontvang van die nasionale departement van onderwys dat die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) voorwaardelik aan die APA toegestaan is om aan te bied vanaf 2018. Dit bied die geleentheid om gedurende 2017 ʼn uitnemende program saam te stel met al die vereistes daarvoor wat in plek moet kom. Daar heers opgewondenheid hieroor, veral omdat topdosente reeds uitgelig is wat hiermee behulpsaam wil wees. Teen die tyd dat huidige studente met hul graad klaar is, behoort NGOS reeds op al ses silinders te vuur.

Die NGOS dien as ʼn verdere professionele afrondingskwalifikasie vir studente wat ʼn Baccalaureusgraad voltooi het en tot die onderwysprofessie wil toetree. Studente wat hierdie kwalifikasie verwerf, is baie beter in staat om bewys te lewer van die nodige vaardighede van ʼn doeltreffende onderwyser. Met hierdie sertifikaat het iemand ’n baie beter moontlikheid om in te stap in die onderwys van leerders vanaf graad 7 tot 12 omdat NGOS daarop gemik is, maar by die meeste skole is NGOS aanvaarbaar vir die skoolgee van alle grade.

Kan iemand werk terwyl hy/sy studeer en wat is die voordele?

Om voltyds te werk en te studeer is ʼn uitdaging met ʼn kombinasie van waagmoed, opoffering en ’n goeie dosis dissipline. Maar op die vraag of dit moontlik is, is die antwoord ʼn beliste JA! Die APA bied ook afstandstudie aan, maar studente moet weet dat hulle aan bepaalde standaarde sal moet voldoen. Daarom word daar ook allerlei hulpmiddele gebied om die uitdagings van afstand te oorkom. Die APA het ook seker gemaak dat daar voldoen word aan vereistes om vir afstandsonderrig te registreer. Die geleentheid om aan afstandsonderrig in jou moedertaal met die nodige hulpmiddele te kan deelneem, is natuurlik die beste manier om so ’n uitdaging aan te pak. Die APA het ʼn oopdeurbeleid en nooi almal wat hierdie opsie oorweeg hartlik uit om in gesprek te tree. Ons is ook altyd daar om uitdagings wat mag opduik saam te oorkom.

Hoe stimuleer die APA liefde vir lewenslange studie en vorming?

By ʼn instansie soos die APA bestaan ook slypskool-programme wat ontwikkel is vir diegene wat hulself wil opskerp of sommer net die water wil toets vir moontlike toekomstige ideale. Die eerste slypskool vir 2017 vind DV plaas op Saterdag 11 Februarie met die onderwerp, “Kindertrauma asook babamylpale: oefening en vroeëkindontwikkeling”. Die tweede slypskool word beplan vir Saterdag 6 Mei met die onderwerp, “Dissipline, uitdagende gedrag en kinderdepressie”. In die tweede helfte van die jaar word die onderwerp, “Emosionele intelligensie en spelterapie”, by die derde slypskool hanteer op Saterdag 5 Augustus. Die laaste slypskool van die jaar vind plaas op Saterdag 9 September, en behandel die onderwerp, “Hulpmiddels en ander media vir stimulerende leerervaringe”. Die slypskole word juis op Saterdae aangebied sodat belangstellendes met hul druk programme kan beplan vir die bywoning daarvan by die APA se Pretoria-kampus.

By die APA is daar nog tyd tot einde Januarie 2017 om in te skryf vir vanjaar se studie en slypskole. Maak gebruik van hierdie ongelooflike geleentheid! U is ook welkom om ʼn vriend van die AP Akademie te word. As private instansie is daar waardering vir alle vorme van ondersteuning.

Vir meer inligting, besoek gerus ons webblad by www.apa.ac.za, bel Annami Bruwer enige tyd by 082 577 7928, of e-pos [email protected].

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.