Die dieet waarvan almal praat

Peet Snyman ná sy gewigsverlies (Foto: Die Dieet Waarvan Almal Praat/verskaf)

Danksy gewigsverlies, kan Peet nou saam met sy vrou fietsry – een van sy grootste drome.

Peet Snyman (56) is ʼn gelukkig getroude man met twee seuns. Hy was ʼn rugbyspeler vir die Blou Bulle, maar ʼn kniebesering het sy Springbok-drome gekelder.

Peet het ook ʼn beroerte gehad weens die angs wat hy beleef het vanweë sy besering. Dit het daartoe gelei dat hy baie gewig opgetel het en hy kon uiteindelik nie meer loop of enige oefeninge doen nie.

Peet het van twee krukke gebruik gemaak toe hy vir die eerste keer in Die Dieet Waarvan Almal Praat se kliniek ingestap het, omdat hy nie behoorlik kon loop vanweë sy gewig nie. Hy moes ook ʼn dringende knievervanging ondergaan, maar hy moes eers 20 kg verloor voor dit kon gebeur.

Op 10 September het hy hospitaal toe gegaan vir die knievervangingsoperasie, aangesien hy bietjie gewig verloor het. Die dokter het vir hom gesê die prosedure is, danksy die gewigsverlies, nie meer dringend nie, en hom aangeraai om ná nege maande terug te keer.

In Oktober het hy een van sy grootste drome vervul deur vir die eerste keer saam met sy vrou aan ʼn 21 km-fietsrywedren deel te neem.

Voor hy by Die Dieet Waarvan Almal Praat se leefstylprogram aangesluit het, het Peet 172 kg geweeg. Danksy toewyding en fokus het hy reeds 40 kg verloor. Peet weeg nou 132 kg.

Peet se gewigsverliesstorie het talle geïnspireer om ook by Die Dieet Waarvan Almal Praat aan te sluit. “Ek voel gelukkig, energiek en ek hou baie van dit wat ek in die spieël sien,” sê Peet. Hy geniet ook Die Dieet Waarvan Almal Praat se leefstylprogram, aangesien hy nog steeds al die lekker kos kon geniet waarvan hy so baie hou – hy moes net sy porsies beheer.

Voor sy gewigsverlies het hy nie energie gehad nie en kon hy nie enigiets doen wat fisiese aktiwiteit vererg het nie. Nou ry hy graag fiets en doen gereeld oefeninge, omdat hy meer energie het.

Peet se ongelooflike gewigsverlies het daartoe gelei dat hy in September 2019 as die wenner gekroon is van Die Dieet Waarvan Almal Praat se gewigsverlieskompetisie.

Hy kook graag vir sy familie wanneer hy by die huis is, en hy geniet dit ook baie. “Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning wat ek van Annemarie gekry het – die klinikus van die Centurion-dieetkliniek. Haar ondersteuning het my tydens my gewigsverliesprogram gehelp. Dit is ʼn voorreg vir my om deel te wees van ʼn maatskappy se missie. Die passie en empatie wat Annemarie het in haar dieetvoorlegging en die entoesiasme waarmee sy kliënte behandel, is aansteeklik,” voeg Peet by.

Vir meer inligting oor Die Dieet Waarvan Almal Praat en waar dit naby jou aangebied word, kontak:
Tel: 016 362 4890
E-pos: [email protected]
Webwerf: http://www.the-diet.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/thediet.co.za/
Twitter: @dietsa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.