Dié digters wen Ingrid Jonker-prys

Digkuns_kompetisie_2.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die wenners van die Ingrid Jonker L’ Art Poétique-digkompetisie is die afgelope week in Kaapstad bekendgemaak.

Marius Coetzee is as die wenner aangewys vir sy gedig “Tyd”. Christelle van Rooyen-Wessels, ʼn misdaadskrywer, het die tweede plek behaal met “Wanneer ʼn jaar te veel word” en Deniel Berry het derde geëindig met haar gedig “Djou hanne”.

Coetzee ontvang ʼn kontantprys, publikasiekontrak vir sy eie bundel, trofee en boekprys. Van Rooyen-Wessels en Berry ontvang elkeen ʼn kontantprys en sertifikaat.

Dié digkompetisie is die geesteskind van Zalman S Davis, ʼn skrywer en digter van Sasolburg, en is in 2019 vir die eerste keer aangebied. Dit is na Jonker vernoem vir haar bydrae tot letterkunde asook haar beywering vir menseregte.

Digters wat die kortlys gehaal het, sluit in Carla Botha, Willem de Swyger, Steven Bresler, Floris van Zyl, Marieta McGrath, Christo Meyer, Corné Kloppers, Santjie Aucamp, Tilla Diedericks, Faeez Samuels, Peter Louw, Elna Kruger, Deserisé Cocklin-Viljoen en Helena Mellet.

Dié wenners én al die deelnemers op die kortlys se werk word eersdaags in ʼn kompetisiebundel opgeneem.

Inskrywings vir die 2022- Ingrid Jonker L’ Art Poétique-digkompetisie sal na verwagting in Junie oop wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.