Die FAK – ‘n Organisasie met baie meer as net ‘n sangbundel

FAK-Foto-Medium.jpg

Foto verskaf

[promosie-artikel]

Die FAK doen wondere vir Afrikaans. Stap net ’n draai deur ons liedjietuin met sy asemrowende rose en ontdek al die geliefde ikone van die Afrikaanse musiekbedryf wat elkeen hier vereer word met sy eie roos – dink maar aan name soos Lukas Maree, Laurika Rauch en Carika Keuzenkamp, of wat van Miemie Coertze en Gé Korsten? Ons kyk egter nie net terug nie, maar ook vooruit. Die FAK belê in die opkomende Afrikaanse musieksterre deur seker te maak dat hulle die steun en bevordering ontvang wat hulle benodig om die sterre van môre te wees.

Toe die taal nog ’n saadjie was

Die ontstaan van die FAK in 1929 was ’n direkte uitvloeisel van die Afrikaner wat ’n dringende behoefte aan hoop gehad het. Toe die taal nog maar ’n saadjie was, het die behoefte aan bestaansreg reeds bestaan, ’n tuiste waar Afrikaners hul kulturele roeping kon uitleef en hul taal en kultuur kon bevorder. Dit is soos die Afrikaanse roos wat hier in die FAK se liedjietuin floreer omdat dit versorg en waardeer word.

Die drie takke van die roosboom

As ons die simboliek van dié roosboom verder voer, kan jy drie takke aan hierdie roosboom identifiseer: Tuiste (my FAK), trots (geskiedenis) en toekoms (kultuur)

My tuiste – My FAK

Die eerste tak is die organisasie in die geheel, met die FAK se personeel, die liedjietuin; asook die Udolpho Jeugplaas wat ideaal is vir ’n Sondagskoolkamp of kuierplek vir die gesin. Dit is aan die oewers van die Vaalrivier geleë en bied vermaak met ’n groot swembad, minigolf, vlugbalbaan, springmat en 4 km rivieroewer. Daar is te kies uit chalets, ’n gastehuis, oornagwoonstelle of slaapsale.

My trots – My Geskiedenis

Aan die tweede tak van ons roosboom is daar dorings wat beskerm. Die FAK beskerm, bewaar en bevorder die Afrikanergeskiedenis. Ons bied ’n verskeidenheid wonderlike bronne aan skole, tuisskolers en belangstellendes. Ons internetmuseum bied ʼn klankargief en fotoversamelings en artikels oor Afrikanergeskiedenis, taalgeskiedenis, letterkunde, musiek en die visuele kunste. Besoek ons gerus by www. afrikanergeskiedenis.co.za.

My toekoms – my kultuur

Die derde tak van hierdie roosboom is die Afrikaner se kultuur. Hier bevorder ons Afrikaanse musiek, en skoolprojekte. Met ons skoolprojekte moedig ons die jonger generasie aan om ’n aktiewe bydrae tot hulle taal te maak. Reeds hier begin nuwe lote groei wat in die toekoms in hul taal en kultuur gaan blom en floreer. Daar is ’n opwindende internasionale toer vir tieners waartydens tien stede in Nederland, België, Switserland en Frankryk besoek word. Die studente besoek onder meer museums, universiteite, die Jan van Riebeeck- en Anne Frank-huis, die kaas-, porselein- en sjokoladefabrieke, en Beethoven se geboortehuis. Daar is niks so lekker soos om in jou taal te kuier, musiek te luister en fees te vier nie. Kom kuier saam by die FAK Sangfees by die Voortrekkermonument met van die grootste kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf. Met ons Afrikaanse volksmusiek-CD vier ons Afrikaanse volksmusiek wat oor dekades deel geword het van ons kultuurskat. Dit bied liedjies soos die “Oukraalliedjie” (Gerhard Steyn), “Ver in die ou Kalahari” (Richard van der Westerhuizen) en die warm rock-weergawe van “Blinkvosperd” deur Beeskraal.

Doen jou deel

Wanneer jy as Afrikaner aktief is vir jou taal en kultuur, blom hierdie roos. Die blom is die belangrikste deel van die roosboom, aangesien dit vir sy skoonheid waardeer word. Maar hoe hou ons hierdie hele boom aan die lewe? Met water, deur dit gereeld te snoei, en met genade van Bo. Die FAK nooi jou uit om deel te word en hierdie pragboom aan die lewe te hou. Kom vat hande en doen die regte ding saam met ons om hierdie roosboom se voortbestaan te verseker. Jy kan aansluit vir ʼn minimumbedrag wat jy voel jý per maand kan bekostig!

Besoek die FAK se webtuiste

Artikel verskaf deur Solidariteit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.