Die ideale Kersgeskenk vir jou man

Argieffoto (Foto: Daria-Yakovleva/Pixabay)

Hy is die staatmaker van die gesin. Die liefde van jou lewe, ʼn bobaas pa of selfs die oupa wat met stories sy lewenswysheid deel.

Dit is nie altyd maklik om vir die spesiale mans in jou lewe ʼn geskenk te koop nie. Jy het al vir hulle 16 pare sokkies, 50 kilogram biltong en sewe geskenkbewyse gegee… maar dié jaar wil jy iets besonders gee wat hulle behoorlik sal bederf. Ons het die perfekte geskenke vir die perfekte man!

Wys jou liefde met toffies wat sê hoe jy voel, ʼn sak van egte wat, soos jou man, net beter word met die jare of ʼn stel kampporselein wat wys dat jy sy belangstellings ondersteun of selfs ʼn beursie sodat hy ʼn foto’tjie van jou orals saam met hom kan dra.

Bederf hom met ʼn spesiale geskenk vanuit Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie!

Toffies vir jou geliefde

Hierdie handgemaakte tradisionele toffies is sag en smelt soos botter op die tong.

Beursie van egte leer

Lyk en voel soos ʼn splinternuwe sikspens met dié pragtige leerbeursie. Dis boonop die ideale geskenk vir die persoon wat al alles het!

Prof. Hennie se egte leer-boektas

Hy is ʼn bekroonde skrywer en sy onbaatsugtige liefde vir Afrikaans sal verseker dat ons moedertaal sal bly gedy. Sy boekrak kreun onder al die kennis en sy woordeskat strek van die vlaktes van die Noord-Kaap tot die ruigtes van Natal.

Reisigersrugsak van egte leer

Met dié reisigersrugsak kan jy die wêreld oorkruis – en seker maak jy het ʼn genoot aan jou sy. Dis ideaal vir die biltong en ingelegde kos van jou ouma, briewe en wyn wat jy vir jou geliefdes aandra of selfs jou kamera en sakrekenaar om jou verhale neer te pen.

Dasversameling van egte leer

Elke das is van egte leer gemaak om te wys dat jy nie skrikkerig is om modieus of modern te lyk nie – selfs al klop die Karoo in jou are en druk jy nog soms ʼn kam in jou kous.

Kampporselein

Of julle nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jul agtertuin oopgesprei het, hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) is net wat jy nodig het om jou liefde te bewys – vir jou geliefde, ons taal en ons mooie natuur.

Sout- of pepermeul van apiesdoringhout

Kamp, braai, aansitetes en familie-onthaal het so pas ʼn bietjie meer Afrikaans geword met dié handgemaakte meul. Hierdie meul, met ʼn unieke afwerking, gaan beslis ʼn gesprek om die tafel uitlok en sal jou sommer laat terugverlang na aande om ʼn braaivleisvuur in die bosveld.

Baardolie en boerseep met baardkammetjie

Hierdie baardolie en boerseep (seep met skop), met ʼn baardkammetjie, sal daai baard waaraan jy al so lank gekweek het, netjies kan hou. Dit is vir elke man wat ‘n slag kan slaan en ‘n bars kan kyk. ‘n Man wie se hande vir niks verkeerd staan nie en wie se hart net so groot is soos sy liefde vir sy grond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.