Die Koöperasie: Maklikste manier om Afrikaanse geskenke te koop

Argieffoto/Pixabay

Wanneer dit kom by geskenke koop, is daar gewoonlik een van twee situasies.

In die eerste geval kry jy ʼn uitnodiging na ʼn partytjie en jy wil graag ʼn spesiale geskenk vir die vriend, familielid of kollega gee. Ure later in ʼn winkelsentrum besef jy dat jy nie meer tyd het nie en jy besluit om sommer die eerste en beste geskenk te gryp en te betaal …

In die tweede geval verloop dinge so bietjie anders. Jou skoonma het gister al verjaar en jy het daarvan vergeet! Nou moet jy probeer om vanaand nog ʼn geskenkbewys met verlede week se datum daarop, in haar posbus te gooi.

Enigiemand sal kan getuig: om geskenke te koop is iets wat soms meer moeite is as wat dit behoort te wees. Jy wonder wat jy gaan koop en of die persoon daarvan gaan hou. En kom ons wees eerlik met mekaar: geskenkbewyse is maar bietjie onpersoonlik.

Die goeie nuus is dat Maroela Media vir jou ʼn oplossing het! Nou kan jy sommer in die gemak van jou eie huis of kantoor ʼn geskenk koop wat binne enkele dae afgelewer word – en dit is só mooi verpak, dit sal lyk of jy dit self gedoen het! En omdat dit ʼn geskenkwinkel is, kan jy aandui of dit by jou eie huis, of by iemand anders se adres afgelewer moet word as ʼn spesiale verrassingspakkie. Ons koerierdiens kom klop aan jou deur om die pakkie veilig in jou hande af te lewer.

Aanlyn inkopies was nog nooit só veilig en bekostigbaar soos op ons aanlyn winkel nie! Die Koöperasie vier vanjaar sy derde verjaarsdag. Ons werk dag na dag daaraan om seker te maak dat Afrikaanssprekendes en veral Maroela-lesers ʼn plek het waar hulle Afrikaanse geskenke kan koop vir geliefdes. Die produkte is baie eksklusief en word noukeurig ontwikkel en met die hand uitgekies om seker te maak jy kry iets uniek.

Kom snuffel aanlyn tussen die rakke van Maroela Media se Koöperasie en koop na hartelus! Onthou om jouself ook so nou en dan te bederf!

Klik op maroelawinkel.co.za om die Koöperasie te besoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.