Die laaste wuif totsiens

Tinney Davidson (Foto: CBC)

Honderde leerlinge van Comox, British Columbia in Kanada het voor Tinney Davidson se huis saamgekom om vir die laaste keer dié bejaarde vrou te groet wat die afgelope 12 jaar vir hulle gewuif het op pad skool toe.

Tinney en haar man, Ken, het in 2007 in ʼn huis ingetrek wat naby Highland Secondary School geleë is. Hulle het in die oggend talle skoliere verby hul huis sien stap. Die egpaar het vir hulle begin waai as ʼn vrolike gebaar vroeg in die oggend. Die skoliere het vinnig begin om ook vir die egpaar te wuif.

Tinney het dit 12 jaar lank gedoen. Maar nou verhuis die 88-jarige na ʼn tehuis vir verswakte bejaardes.

Die skoliere wou seker maak dat sy nie verhuis sonder ʼn behoorlike groet nie. Meer as 400 leerlinge het met blomme en plakkate opgedaag as ʼn laaste wuif totsiens.

Bron: CBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Adri ·

Ag dis n mooi gebaar van die kinders…. dankie dat daar nog kinders is wat ou mense nog so spesiaal te laat voel…

A ·

kry sommer ‘n knop in die keel. Dit is voorwaar ‘n mooi gebaar.

Mossie ·

Sy het 400 “kleinkinders” gehad wat haar kom groet het, meer as wat enige ouma of oupa ooit kan ervaar.
Maak my skoon hartseer!!

Blaarman ·

“Smile and the world smiles with you, cry and you cry alone.”

JP ·

Doen
Doen aan ander mense soos jy wil hê hulle moet aan jou doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.