Dié leser wen ʼn Spiegelau-geskenkpak van SPAR

Die SPAR-geskenkpak op die spel

Spiegelau, bekend onder die wêreld se mees toonaangewende hotelle, restaurante en kroeë, is vir SPAR-klante beskikbaar met ʼn buitengewone aanbod wat op ʼn besparing van 75% neerkom.

Dié eksklusiewe promosie was by SPAR beskikbaar en klante kon tot 25 Februarie 2024 plakkers versamel het. Indien jy plakkers versamel het, het jy nog tot 10 Maart 2024 kans om jou voltooide kaartjie in te ruil.

Elke plakker het ʼn delgingswaarde van R100, en sodra klante 10 plakkers ingesamel het, kon hulle hulself bederf met die Spiegelau-reeks teen ʼn ongekende afslag van tot 75%. Dié besonderse aanbod is beperk tot SPAR-winkels in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Laeveld, Suid-Rand en Noord-Rand.

Maak jou oomblikke spesiaal met Spiegelau – waar uitnemendheid en bekostigbaarheid mekaar ontmoet.

Klik hier om meer oor die reeks te lees.

SPAR wou graag een gelukkige Maroela-leser bederf met die volledige Spiegelau-reeks wat deur dié spesiale aanbod beskikbaar gestel is.

Baie geluk aan Leana Wentzel van George wat met dié geskenkpak wegstap. Haar geskenkpak sluit in: twee whiskyglase, twee lang glase, twee skemerkelkieglase, twee jenewerglase, ʼn mengglas, Kenwood-menger en ʼn drie-stuk-skemerkelkiestel. Die handelswaarde van haar geskenkpak beloop byna R4 900.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.