Die perfekte geskenk vir elkeen om jou Kersfeestafel

Argieffoto (Foto: Ylanite Koppens/Pixabay)

Neef Gert-hulle kom kuier al die pad uit Lambertsbaai, ghrênd tannie Anna van Tamboerskloof bring haar omstrede krismispoeding, en die Vissers met hul sesstuks kleinspan gaan ook daar wees. Dié familiekersfees gaan ʼn gróót een wees.

Maar hoe gemaak met al die Kerskouse wat moet vol kom? Moenie die spesiale atmosfeer van Kersfees bederf deur jou moeg te loop in besige winkelsentrums nie. Jy kan nou, sommer in die gemak van jou eie huis, iets vir almal koop in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie. Ons belowe jy sal selfs iets kry vir jou vriendin Linriëtte-wat-al-alles-het.

Boereplaas-bordspeletjie vir die kinders

Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie en ook hoe om met geld te werk. Dié speletjie kom nou met twee byvoegings om die spel tot op ʼn volgende vlak te neem: Boereplaas-uitbreidingstel en Boereplaas-uitbreidingstel 2. Hierdie byvoegings kan saam met die oorspronklike bordspel gespeel word. Jy kry ʼn bykomende stel speelkaarte, houers om jou nuwe en ou kaartjies netjies te hou tydens en ná ʼn spel, en drie bykomende stelle reëls en geldkaartjies sodat jou Boerebank nooit ʼn geldtekort het nie.

Die Volgende Stop-bordspel vir ʼn gesin

Hierdie bordspel is ontwerp en saamgestel deur trotse landsburgers wat graag wil poog om sekere elemente van Suid-Afrika te behou en aan ons kinders en kleinkinders oor te dra. Terwyl julle Die Volgende Stop-bordspel gaan speel, gaan jy genoeg feite van ons wonderlike land speel-speel leer en terselfdertyd hope pret hê! Dié spel het prettige lag-oomblikke soos stomstreke, bou ʼn woord en “raai die dier” vanaf ʼn foto.

Baardolie en boerseep met baardkammetjie vir ʼn welige baard

Hierdie baardolie en boerseep (seep met skop), met ʼn baardkammetjie, sal daai baard waaraan jy al so lank gekweek het, netjies kan hou. Dit is vir elke man wat ‘n slag kan slaan en ‘n bars kan kyk. ‘n Man wie se hande vir niks verkeerd staan nie en wie se hart net so groot is soos sy liefde vir sy grond. Dis die ideale geskenk vir Kersfees.

Handsakke van egte leer vir enige vrou in jou lewe

Dié duursame handsakke is net so modieus en stylvol in die middestad van Kaapstad as die stofstrate van Koekenaap. Of sy nou gereeld hoë polvye of plat sandale dra, sy gaan altyd trots wees op dié leerhandsak. Die handsak kom met die opsie vir ʼn ritssluiter of sonder, toeritssakkie aan die buite- en binnekant en skouerbande. Klik hier vir die verskeie handsak-opsies.

Melktertmeester-stel vir enige bobaaskok

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste Maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in te bedien.

Egte leer-boektasse vir enige student

Kyk, dié sakke sal mense beïndruk, want hoe langer jy dit gebruik, hoe mooier word die leer, en hoe slimmer lyk jy. Die sakke is uitgevoer met groen denim en het twee toeritssakkies aan die binnekant, met een of vier sakkies aan die kante. Dit het ʼn skouerband en handvatsel vir lekker dra, met gespes en goeie stikwerk. Dit is die perfekte geskenk vir ʼn student, skrywer, sakeman of vrou sowel as vir ouma om haar breiwerk en leesboeke in te hou.

Soutmeul vir iemand wat hou van onthaal

Kamp, braai, aansitetes en familie-onthaal het so pas ʼn bietjie meer Afrikaans geword met dié handgemaakte meul. Elke meul is gemaak van die hardehout van die welbekende apiesdoringboom wat natuurlik voorkom in Limpopo en die Noordwes. Die hout word gedroog en met die hand gevorm om die ideale toevoeging tot enige Kerstafel te wees.

Kry jou unieke sout- of pepermeul van apiesdoring eksklusief in Maroela Media se Koöperasie.

Toffies vir enige soettand

Bewys jou liefde met ʼn titseltjie soetigheid! Hierdie handgemaakte tradisionele toffies is sag en smelt soos botter op die tong en is die ideale Kersfees geskenk om jou soettand-geliefde te bederf! Daar is drie geure toffies in elke glasbottel: maroelageur, katjiebottergeur en melktertgeur.

Yskasmagnete vir ʼn ma of ʼn juffrou

Die blikkies yskasmagnete bevat woorde soos “luilekker”, “samesyn”, “kuier”, “gesels”, “malvalekker”, “skop”, “bal”, “pop”, “rooi”, “groen” en “pers” wat gaan seker maak daar is genoeg feestelike woorde om hierdie Kersfees selfs jou yskas met sinne en lekker woorde vir die Kersfeestema op te tooi. Hierdie yskasmagnete is ideaal vir Kersfees sodat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk kan bederf.

Kersfees-inkopies was nog nooit só maklik as by Die Koöperasie nie! Klik hier vir nog geskenkidees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.