Die perfekte geskenk vir elkeen om jou Kersfeestafel

Neef Gert-hulle kom kuier al die pad uit Lambertsbaai, ghrênd tannie Anna van Tamboerskloof bring haar omstrede krismispoeding, en die Vissers met hul sesstuks kleinspan gaan ook daar wees. Dié familiekersfees gaan ʼn gróót een wees.

Maar hoe gemaak met al die Kerskouse wat moet vol kom? Moenie die spesiale atmosfeer van Kersfees bederf deur jou moeg te loop in besige winkelsentrums nie. Jy kan nou, sommer in die gemak van jou eie huis, iets vir almal koop in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie. Ons belowe jy sal selfs iets kry vir jou vriendin Linriëtte-wat-al-alles-het.

Boereplaas-bordspeletjie

Foto: Maroela Media

Die ideale geskenk vir ʼn gesin! Leer boer met dié heerlike Boereplaas-bordspeletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie en ook hoe om met geld te werk.

Indien jy die Boereplaas-speletjie en die uitbreidingstel saam koop, kry jy afslag. Koop dit hier.

* Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone.

Koop die Boereplaas-bordspeletjie nou in Die Koöperasie vir slegs R360-00 (posgeld uitgesluit)

Blikbekerstel (6 bekers)

Foto: Maroela Media

Koop ʼn stel boereporselein-blikbekers vir tannie Annetjie wat so afgunstig na joune kyk. Nou kan sy haar stel Royal Albert-rooinekkoppies vervang met bekers wat net so tuis is in haar voorkamer as die drie eende teen die muur.

Onthou, ʼn blikbeker is ʼn blikbeker – dis nie ʼn porseleinkoppietjie nie! Ons blikbekers is karaktervol en uniek, en dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.

* Dié blikbekerstel is ʼn stel van ses tradisionele blikbekers met emalje-afronding; die gemengde stel blikbekers bestaan slegs uit groen en geel blikbekers.

Koop die stel blikbekers nou in Die Koöperasie vir slegs R130-00 (posgeld uitgesluit)

Leerhandsak met ritssluiter

Foto: Maroela Media

Hierdie is die ideale geskenk vir ʼn spesiale vrou wat jy graag wil bederf – jou vrou, jou ma of enige stylvolle dame in jou familie. Dié duursame handsak is net so modieus en stylvol in die middestad van Kaapstad as die stofstrate van Koekenaap. Of sy nou hoëpolvye of plat sandale dra, sy gaan altyd trots wees op dié leerhandsak.

* Die handsak het ʼn ritssluiter, toeritssakkie aan die buite- en binnekant en skouerbande.

Koop dié leerhandsak nou in Die Koöperasie vir slegs R1 400-00 (posgeld uitgesluit)

Prof. Hennie se egte leer-boektas

Foto: Maroela Media

Hy is ʼn bekroonde skrywer en sy onbaatsugtige liefde vir Afrikaans sal verseker dat ons moedertaal sal bly gedy. Sy boekrak kreun onder al die kennis en sy woordeskat strek van die vlaktes van die Noord-Kaap tot die ruigtes van Natal.

Jou oudste is dalk nie so slim soos sy proffie nie, maar dit beteken nie hy kan nie soos ʼn proffie lyk nie. Dié boektas van egte leer sal mense so beïndruk dat hy nie eens slimpraatjies sal hoef te maak nie. Hoe langer mens hom gebruik, hoe mooier word die leer, en hoe slimmer lyk jou oudste.

Hierdie boektas (wat ook as ʼn rekenaartas of handsak ingespan kan word) is die ideale geskenk vir ʼn student, ʼn jong werkende persoon of enigiemand wat gereeld met ʼn rekenaar moet rondloop.

* Dis ideaal vir ʼn 13-duim-skootrekenaar of tablet, maar ʼn 15-duim-rekenaar sal ook inpas.

Koop Prof Hennie se egte leer-boektas nou in Die Koöperasie vir slegs R1 230-00 (posgeld uitgesluit)

Verskillende T-hemde

Foto: Maroela Media

En as jy nog steeds onseker is wat om vir iemand dié Kersfees te koop – kom loer bietjie na die verskeidenheid van T-hemde vir kinders en volwassenes in Maroela Media se Koöperasie.

Pryse wissel van R90-00 tot R150-00 per T-hemp (posgeld uitgesluit)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.