Die perfekte Kersgeskenk vir jou pa

(Foto: Yvette Fang/Pixabay)

Pa het al genoeg kouse en wyn en biltong vir Kersfees ontvang – dis hierdie jaar tyd vir iets besonders! Van ʼn paar velskoene waarmee hy diep spore kan trap, ʼn geskenkpak wat sy hart sal vermurwe, boereporselein waarmee hy in die natuur kan gaan uitspan en ʼn bordspeletjie wat hom sal laat voel of stadsjapie skielik plaasboer geword het.

Bederf Pa hierdie Kersfees met ʼn eg Afrikaanse geskenk uit Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie!

Maroela-vellies

Of Pa nou optof vir ʼn troue of sy gemaklikste kakiebroek aantrek vir kleiduifskiet by die kerk se basaar – ʼn goeie paar vellies sal hom nooit in die steek nie.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R699-00

Geskenkpak vir pa

Geskenkpak vir pa in Die Koöperasie

Hierdie geskenkpak is spesiaal vir enige hardebaard pa met ʼn sagte hart wat hou van sterk koffie en braaivleis, van gemaklik wees in ʼn T-hemp en altyd ʼn grappie het om te vertel.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R199-00

Kampporselein

Kampporselein in Die Koöperasie

As Pa net so lief is daarvoor om met ʼn karavaan in die Bosveld te gaan kampeer as om ʼn tent in die Drakensberge op te slaan of om sommer net ‘n piekniekkombers iewers oop te sprei, gaan hy Kersfees dol wees oor dié stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers).

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R299-00

Boereplaas-bordspeletjie met twee uitbreidingstelle

Boereplaas-bordspel in Die Koöperasie

As Pa nog altyd sy eie plaas wou hê, en daarvan droom om te boer, maar steeds ‘n stadsjapie is, dan is hierdie Boereplaas-bordspeletjie in sy kraal vir Kersfees.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R600-00

T-hemp – My pappa is ʼn bobaasbraaier

As niemand kan kers vashou langs Pa wanneer dit kom by ‘n skaaptjoppie of ʼn stukkie boerewors op die kole nie, dan is hierdie T-hemp perfek om hom tydens Kersfees te bederf!

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R125-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.