Dié polisiebeamptes maak ʼn verskil, sê gemeenskap

Polisie

Foto: Facebook/SAPD

Dit is nie ʼn maklike taak om ʼn polisiebeampte in Suid-Afrika te wees nie en mens wonder soms waarom dié mense hierdie beroep gekies het. Hoewel dit na ʼn onmoontlike taak klink, is daar steeds polisiebeamptes wat elke dag ʼn verskil probeer maak.

Dis juis daarom dat Solidariteit ʼn veldtog geloods het om polisiebeamptes te vereer wat nog werklik ʼn verskil maak in hul gemeenskappe. Gemeenskappe kon beamptes nomineer en uit dié nominasies is vier beamptes gekies om vereer te word vir hul bydraes.

Stoffel Holtzhausen

Volgens die gemeenskap van Pretoria Noord is Stoffel die vriendelike man. “As ons deur Pretoria-Noord ry en jy sien hom op sy motorfiets, weet ons dat hy weer op sy stukke is. Hy reik altyd ʼn helpende hand uit waar hy kan en sal selfs die verkeer reguleer. Hy is altyd bereid om met die kinders in die gemeenskap te gesels oor enigiets van dwelms tot motivering. Ons kan hom net bedank vir sy harde werk.”

Stoffel sê hy is al 22 jaar deel van die polisiemag en hy is mal oor sy werk. “Dis ʼn kans om mense regtig te help. Party polisiemanne word gebore en ander is net daar om ʼn salaris te kry. Ek is gebore om ʼn polisieman te wees.”

Koos Marx

Koos Marx is ʼn speurder verbonde aan die Port Edward-polisiekantoor en volgens iemand wat hom genomineer het, is hy ʼn flink speurder. “Bejaardes is omtrent ‘n jaar gelede in hul huis op Glenmore vermoor en danksy sy speurwerk is die skuldiges binne ure vasgetrek.”

Kaptein Annemarie Verster

Kaptein Verster is genomineer vir haar betrokkenheid by die gemeenskap van Sinoville en haar passie vir dié gemeenskap. “Sy het tyd vir almal en as daar nood is, vra sy oor die radio of kan sy help. Sy is altyd positief en gee om vir oud en jonk. Haar hart is op die regte plek.”

Kaptein Verster spog met 32 jaar se diens en het direk na skool by die mag aangesluit. “Ek is ʼn gebore polisievrou en ek sal nooit iets anders kan doen nie.” Sy sê die lekkerste deel van haar werk is om mense te kan help en om ʼn verskil te maak. Die grootse uitdaging vir haar is om net lewendig te bly.

Chriselie van der Linde

Van der Linde is ʼn speurder in Boipatong en volgens dié gemeenskap stap sy die ekstra myl om seker te maak haar dossiere word betyds afgehandel sodat sy vinnig terugvoer aan lede van die publiek kan verskaf. “Jy sal haar nooit hoor kla nie. Ons het op 31 Desember 2015 om 02:00 ʼn kind van ʼn jaar oud in die straat gekry en sy het die kind gevat, vir hom kos gegee, warm in ʼn kombers toegedraai en met hom gesit asof sy die ma is.”

Volgens Van der Linde is sy uit die veld geslaan, maar bly oor die nominasie. “Dis lekker om te hoor mens maak tog ʼn verskil.” Chriselie was vir ʼn jaar in die polisie voordat sy by die speurtak aangesluit het en is reeds 7 jaar deel van die polisiemag. “Die lekker deel van my werk is om te weet ek ontvang ʼn dossier met een papiertjie in en ek bou daardie dossier self op tot waar die skuldige gevonnis word en tronkstraf kry. Mens weet jy het ʼn verskil gemaak, want daardie persoon is uit die gemeenskap verwyder – geregtigheid het geskied.”

Besoek gerus Solidariteit se webblad vir meer besonderhede oor dié veldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

Ek wil ook polisiemanne in my gemeenskap nominee…..maar ek weet nie wat hulle doen nie, want hulle bly in my gemeenskap, en word Soweto toe aangery elke dag om daar te gaan werk, en Soweto si’n word na my buurt toe gebring. Die regering vra aanhoudend dat die gemeenskap betrokke moet raak in die stryd teen misdaad….maar nie een van die polisiemanne in ons gemeenskap, doen diens in ons polisiestasie nie. En dit kon ek nog nooit verstaan nie. Voorbeeld: As die polisieman wat onder in my straat bly, saam met my dieselfde skool, kerk en winkelsentrum besoek, en hy is aan diens by my polisiestasie…..dan gebeur die volgende: Ek sien ‘n misdaad, gryp my foon, en kan ek sê daar word ‘n gewapende roof gepleeg by die kliniek langs die tennisbane oorkant die rooidak Metodiste kerk in JG Strydomrylaan….en hy kan reageer, want hy woon in hierdie omgewing. Maar nou doen Soweto inwoners diens by my polisiestasie. Nou gebeur dieselfde situasie, en ek gryp die foon. In my paniekbevange toestand moet ek nou skielik eers Engels praat, begin straatname spel, begin verduidelik wie ek is, begin beskryf wat ek sien……..en teen daai tyd is die kriminele laaaaankal weg. My vraag is: Hoekom kom die polisiemanne wat in my polisiestasie diens doen, nie uit my gemeenskap nie? En niemand kan of wil my antwoord nie….

Renate Barnard ·

Dit is so lekker om positiewe berigte aangaande SAPD lede te lees. Julle maak my trots. Doen so voort.

Chriselie ·

Baie dankie aan maroela media en solidariteit vir die nominasie….dis n riem onder my hart om te weet dat dit wat ons doen wel gesien en waardeer word….eks voorwaar trots en sulke berigte help ons ons weer op die gemotiveerde pad te kry….

johny ·

As ons net die polisie mag privaat kon maak.Dan sal dit baie help.Die polisie lede gaan dan hulle sokkies optrek en baie better diens lewer.Belasting betalers geld word dan nie aangewend om die polisie te beskerm in howe as hulle verkeerd opgetree het nie.Dan sal die polisie lede raak gesien word wat hulle kant bring.Kyk bv na privaat sekerheid dienste hoe paraat is hulle.Kry die polisie lede privaat betaal hulle n baie baie goeie salaris en baie baie goeie voordele en ordentlike behuising dan kan ek almal waarborg dat ons die beste polisie mag gaan he.Wat ek bedoel by privaat is dat hulle dan soos die sekerheidsdienste ook privaat vergoed word deur die publiek.En duisend dankies aan die goeie polisie lede wat ons elke dag veilig hou en baie van hulle vrye tyd opoffer vir ons.Mag GOD met julle wees ons is trots op julle en julle Familie lede se opofferings

johny ·

As polisie privaat word gaan dit tot almal se voordeel wees

alida ·

Hoe kan die waarheid rassisties wees. As die blankes beter is moet ons nie bang wees om dit te se nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.