Dié SA woorde nou in Oxford-woordeboek

Die Oxford English Dictionary (OED), een van die bekendste woordeboeke ter wêreld, het onlangs 25 Suid-Afrikaanse woorde by hul woordelys ingesluit.

“Suid-Afrika word geken as die Reënboognasie, ʼn woord wat aanvaarding van en trotsheid op hul multi-etniese en multi-kulturele identiteit vier. Hierdie diversiteit van kulture, tradisies en tale word verteenwoordig in ʼn interessante leksikon van Suid-Afrikaanse Engels,” het die OED op hul webtuiste geskryf.

Die OED het onlangs dié 25 Suid-Afrikaanse woorde bygevoeg:

Deurmekaar – wanorde, onordelike, verward, gemeng.

Bunny chow – ʼn holgemaakte brood wat met kerrie gevul is.

Voetstoots – net soos dit is, met alle sigbare en onsigbare gebreke, sonder nadere ondersoek, sommerso.

Spaza shop – ʼn klein, ongelisensieerde winkeltjie in ʼn township wat gewoonlik van ʼn persoon se huis af bedryf word.

Amakhosi – ʼn kollektiewe term van isiXhosa en Zoeloe herkoms vir die leiers of “chiefs” van tradisionele Nguni‑gemeenskappe.

Eina – uitroep van pyn, pynlik, seerplek.

Traditional healer – ʼn geneser  wat tradisionele metodes gebruik.

Howzit – ʼn informele manier om te vra “hoe gaan dit?”.

Gumboot dance – ʼn dans wat deur mynwerkers uitgevoer word.

Toyi-toyi – militante hoogtrapdanse wat met dreunsang en strydkrete gepaardgaan, veral tydens ʼn optog uitgevoer.

Sarmie – ʼn toebroodjie.

District surgeon –  ʼn dokter wat ʼn spesifieke gebied bedien.

Skedonk – ʼn ou motor wat dikwels nie in ʼn goeie toestand is nie.

Ubuntu –  ʼn Nguni‑term vir ʼn lewensingesteldheid van menslikheid, hulpvaardigheid en barmhartigheid.

Ja – gebruik om te bevestig, saamstem.

Kasi – ʼn township.

Wine of Origin  (W.O.) –  Dit word gebruik om te bevestig dat druiwe waarvan wyne wat gesertifiseer is om van ʼn sekere gebied af te kom wel van dié spesifieke gebied af kom.

Mzanzi – Suid-Afrika.

Dwaal – sonder ʼn bepaalde doel beweeg, rondswerf, op ʼn verkeerde pad beweeg, van een ding/plek na ʼn ander afwyk.

Ingcibi – ʼn isiXhosa-woord vir die persoon wat die tradisionele besnydingsritueel op jong Xhosa‑mans uitvoer.

Sakkie-sakkie – ʼn eenvoudige, ritmiese styl dans deur twee mense op Afrikaanse musiek.

Ja well no fine – word vinnig uitgespreek, amper as een woord, om ironies “wat ook al” te sê.

Shackland – ʼn informele nedersetting van plakkershutte wat vinnig opgestel word en wat nie as ʼn residensiële area geproklameer is nie.

Tickey box – ʼn telefoonhokkie.

Kif – enigiets wat “cool” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maljan ·

Sommige van die woorde us un die woordeboek, ander, hoort beslis nie daar nie. Die menae wie dié woorde gebruik, praat nie Afrikaans nie. Alweer n geval van Afrika logika – Want ek kan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.