Dié straat in Pretoria een van die wêreld se mooistes

Wit jakarandabome in Herbert Bakerstraat, Groenkloof, Pretoria (Foto: Ossewa/WikiCommons)

Herbert Bakerstraat in Groenkloof, Pretoria, is onlangs by CNN se lys van mooiste strate ter wêreld ingesluit.

“Hierdie lys sluit die mooiste strate uit lande oor die hele wêreld in,” het CNN vroeër berig. “Van die groot wonings in New York se bodorp tot straatkuns in Melbourne, historiese kronkelpaaie in Bath en boomryke strate in Pretoria.”

Lombardstraat in San Francisco (Foto: Shutterstock)

Pretoria, wat jaarliks tussen September en November met die mooiste skakerings van pers versier word, staan om dié rede as die Jakarandastad bekend.

Die stad het ongeveer 70 000 jakarandabome en dit kan vanaf die uitkykpunt by die Klapperkop Natuurreservaat gesien word. Buiten die pers bloeisels staan die wit jakarandas ook uit.

Die Umbrella Sky Project in Agueda, Portugal (Foto: Jose Coelho/EPA/Shutterstock)

“Hoewel die keuse om ʼn enkele straat te kies ʼn uitdaging is, staan ​​Herbert Bakerstraat in Groenkloof uit,” het CNN berig. “Die rye met wit, eerder as pers, jakarandabloeisels maak dit besonders.”

Ander strate wat ook by dié lys ingesluit is, is Lombardstraat in San Francisco, wat bekend is vir sy agt haarnaalddraaie, The Philosopher’s Walk in Kyoto, Japan, wat met kersiebome en -bloeisels versier word, die Umbrella Sky Project in Agueda, Portugal, en The Royal Crescent in Engeland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nettie

Aaaaaaaag ……………… julle het nog niks gesien nie – in Worcester is daar in Fairview Heights (die dorp se ‘skuldbult’) die ALLERMOOISTE strate (ja, meer as een!). En dit is strate met werkende straatligte, sonder slaggate en verstopte dreineringslote.

KarinB

Al die jare wat ek in Pretoria gewoon het, het ek elke jaar in Oktober na Sir Herbert Bakerstraat gery om na die pragtige wit Jakarandas te gaan kyk. Voorwaar ‘n besonderse gesig. Party huiseienaars het Bougainvillea met rooi blomme tussenin geplant wat in sommige bome opgerank het – ‘n asemrowende gesig.
‘n Plantkenner van die Laeveld, Kurt Rottcher, het baie jare gelede van die sade gaan haal en ontkiem en, alhoewel Kurt reeds lankal oorlede is, staan daar nog steeds wit Jakarandas op sy plaas buite Witrivier. Die eienaars, die Van den Heevers, koester die kosbare bome.