Downsindroom-meisie speel model vir klerewinkel

Lily Beddall (Foto: Facebook)

Lily Beddall (Foto: Facebook)

Lily Beddall, ʼn tweejarige meisie met Down se sindroom, is die nuwe gesig van ʼn bekende klerewinkel in Engeland.

Dié peuter se gesiggie is in al 217 van die Matalan-winkels te sien. “Dit was ʼn plesier om met Lily te werk. Sy was ʼn wonderlike model,” het Simon-Lee, bemarkingsdirekteur van die kettingwinkel, gesê.

“Ons is so trots op haar en ons is so trots op alles wat sy bereik het. Dit is die beste ding wat met ons gebeur het,” het Vicky Beddall, Lily se ma, gesê.

Die Beddall-gesin het gaan kyk hoe Lily se foto in die winkel lyk en sy het haarself onmiddellik herken.

“Die kontrak staan inklusiwiteit voor en wil die gesig van skoonheid verander. Dit is wonderlik dat Matalan ʼn kind met Down se sindroom gekies het,” het Beddall bygevoeg.

“Down se sindroom is nie wat jy verwag nie. Dit is partykeer harde werk, maar sy sou in elkgeval harde werk gewees het.”

Lily is die tweede peuter met Down se sindroom wat in Matalan se bemarkingsmateriaal gebruik word.

Bron: Independent 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dankbaar ·

Pragtig Lily-pop! Dankie Matalan…ek salueer julle. Dis mos hoe dit gedoen moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.