Downsindroom-paartjie vier 20ste huweliksherdenking

Foto: Facebook/ Maryanne and Tommy

Maryanne en Tommy Pilling. Foto: Facebook/ Maryanne and Tommy

Maryanne (45) en Tommy Pilling (59), glo die eerste Downsindroom-paartjie in die Verenigde Koninkryk wat die knoop deurgehak het, vier vanjaar hul 20ste huweliksherdenking.

“Ek en Tommy stry omtrent nooit nie – hy is my beste vriend,” sê Maryanne in ʼn onderhoud met die Independent, ʼn webwerf in Brittanje.

Dié paartjie het mekaar by ʼn gemeenskapsentrum ontmoet en was 18 maande later getroud, ten spyte van mense se kommentaar.

“My ma het vreeslik baie kritiek ontvang omdat sy die troue toegelaat het,” sê Lindi Newman, Maryanne se suster. “My sussie het van kleintyd af oor ʼn pragtige troue gedroom, en dit is presies wat hulle troudag was. Dit was baie spesiaal.”

Volgens Lindi gee dié gelukkige paartjie vir baie mense met Downsindroom-kinders hoop. Sy sê dat hulle baie ondersteuning ontvang van die gemeenskap.

“Daar is steeds diegene wat sê mense met Downsindroom kan nie gelukkig getroud wees nie, maar ons ontvang ook vreeslik baie terugvoer van mense wat sê Maryanne en Tommy se verhaal inspireer hulle,” sê Lindi wat ook die paartjie se Facebook-blad behartig.

Tommy en Maryanne woon onafhanklik in ʼn huis met familie wat naby woon indien hulle hulp benodig.

“My troue was die beste dag van my lewe. Ek was geskok toe Tommy my gevra het om te trou, maar ek het dadelik ‘ja’ gesê!” sê Maryanne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Melt Olckers ·

Almal verdien geluk. Dit is regtig inspererende nuus hierdie.

Valerie ·

‘n Honderd maal meer inspirerend en nederig om die twee te sien in plaas van nog ‘n kamtige media geskepte “glanspaartjie” wat binne ‘n paar maande skei, en wat dink dat hulle tog so belangrik is.
Die twee is lieflik, finish en klaar.

Kosbaar ·

In ‘n wêreld waar daar net slegte nuus om elke hoek skuil is dit vir my so kosbaar om te sien dat daar nog sulke wonderlike stories is.

Z ·

Baie spesiale liefde. Kan sommer die liefde tussen hulle sien. Wonderlik dat hulle onafhanklik woon, maar dat familie daar is om hulp te verleen indien dit nodig sou wees. Seënwense vir hulle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.