Dra Afrikaans vir Afrikaans

 kinder-hemp.jpg

Foto: Maroela Media

Wanneer jy jou gunstelingsportspan ondersteun, jou betrokkenheid by ʼn politieke party wil wys, aan ʼn sportklub behoort of selfs in ʼn koor sing, is daar spesifieke klere en kleure wat jy dra om met jou verbintenis te spog.

Februarie is Moedertaalmaand en dit bied aan jou die perfekte geleentheid om op dieselfde manier met jou liefde vir Afrikaans te koop te loop!

Op 21 Februarie vier ons amptelik Moedertaaldag in Suid Afrika, maar Maroela Media vier sommer die hele maand lank Moedertaalmaand om te wys dat ons opgewonde is oor die toekoms en ons taal.

Nou moedig ons jou aan om ook op Vrydag 21 Februarie ʼn Afrikaanse T-hemp te dra en ʼn foto van jou en jou gesin op sosiale media te deel met die hutsmerke #Afrikaans #Moedertaaldag en #lekkermaroela (onthou om seker te maak dat jou privaatheidverstellings “publiek” gemaak is sodat ons jou plasing kan sien). Deel gerus die pret op Facebook, Instagram en Twitter.

As jy boonop jou foto met dié hutsmerke op sosiale media deel, dan staan jy die kans om ʼn heerlike Maroela-geskenkpak te wen – net omdat ons so lief is vir Afrikaans!

Só kan ons sommer internasionaal ʼn impak maak en op hierdie dag met ons trots en liefde vir ons taal spog.

As jy nie ʼn Afrikaanse T-Hemp het nie, moet nie bekommerd wees nie! Dis nog nie te laat om een aan te skaf nie: daar is verskeie hemde in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie.

Ons is opgewonde om saam met jou deel te wees van ʼn maand waar ons fokus op ons taal, ons geskiedenis en ons visie vir Afrikaans!

Die Koöperasie het T-hemde vir kinders en T-hemde vir volwassenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae