Dra jou hart op jou mou

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
-CF Visser

Nou kan jy op jou mou loop en spog met dit wat in jou hart is: jou mooiste moedertaal! Die mooiste T-hemde is nou in Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar en dit is die ideale geskenk as jy jou hart en die liefde vir jou taal wil deel.

My ma kán kook (kyk hoe lyk my pa)

 

Dié ma is die anker van haar gesin. Sy is die skouer waarop jy kan huil, die een wat graag luister as jy enigiets met haar wil bespreek – of dit sommer net muisneste of selfs iets meer ernstig is soos volgende week se eksamen waaroor jy bekommerd is, en die een wat alles in haar vermoë doen om vir haar gesin te sorg. Haar kinders lag lekker vir hierdie T-hemp, want ma se vernuf in die kombuis is duidelik te sien in pa se boep.

Hierdie T-hemp is die ideale geskenk van kinders vir hul ma.

Koop hierdie T-hemp nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R150-00.

My pappa is ʼn bobaasbraaier

 

Sy pappa is sy held: of dit nou met armdruk, stoei, rugby of om die braaivleisvuur is. Daar is niemand wat ʼn skaaptjoppie of ʼn stukkie boerewors kan braai soos sy pappa nie. Sy pa is baie trots op dié titel en hy is nie skaam om daarmee te spog nie.

Hierdie T-hemp is die ideale geskenk van kinders vir hul pa.

Koop hierdie T-hemp nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R150-00.

My ouma is in kaneel

Ouma het rakke vol resepteboeke en die kleinkinders blaai nostalgies deur die familieresepteboek wat ouma met die hand geskryf het. As hulle aan ouma dink, dan ruik hulle sommer al die soetkoekies en pannekoek en regte egte boerekos wat niemand soos ouma kan voorberei nie.

Koop hierdie T-hemp nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R150-00.

Pappa weet baie, maar oupa weet ALLES

Sy pappa is sy held, maar hy kyk met sterre in sy oë na sy oupa. Sy oupa leer hom hoe om sy vellies vas te maak, hoe om ʼn sweep te klap en hoe om die natuur te waardeer. Hy kan nie wag om sy oupa se skoene een dag vol te staan nie. Oupa is baie trots daarop om met dié T-hemp te kan spog.

Koop hierdie T-hemp nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R150-00.

T-hemde van oupa en ouma aan die kleinkinders

Ouma se karnallie, ouma se suikerbekkie, oupa se bulletjie en oupa se hartedief – dit is die mooiste T-hemde wat die kleinkinders met trots sal dra!

Koop hierdie T-hemde nou in Maroela se Koöperasie vir slegs R99-00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.