Drie hartaanvalle en ʼn beroerte in 3 dae

Foto: Verskaf

Belinda De Beer (55) van Krugersdorp kan na twee en ʼn half maande in die hospitaal huis toe gaan om die feesseisoen saam met haar familie te spandeer.

De Beer is op 16 September in die Netcare Krugersdorp-hospitaal opgeneem nadat sy drie hartaanvalle en ʼn beroerte in drie dae gehad het. Dr. Alexia Gugulethu Magubane, wat De Beer behandel het, het haar herstel as “ietwat van ʼn wonderwerk” beskryf. De Beer vier ook haar verjaardag op 25 Desember.

De Beer se dogter, Ansja, het gesê haar ma het gekla dat sy moeg en siek voel, voordat sy skielik haar bewussyn verloor het. Ansja het dadelik die nooddienste ontbied.

Paramedici het De Beer op 16 September dadelik na ʼn hospitaal gehaas, maar daar was nie ʼn kardioloog beskikbaar om haar te help nie. Sy is op 19 September na die Netcare Krugersdorp-hospitaal oorgeplaas. Terwyl sy daar was, het sy ʼn derde hartaanval en ʼn beroerte gekry.

Volgens dr. Magubane was daar vir ʼn paar dae ná die beroerte ʼn totale afwesigheid van elektriese brein-aktiwiteit. “Ons was almal baie bekommerd oor haar. Ons het haar in die intensiewesorg-eenheid van die hospitaal behandel en was baie verlig toe sy uit die koma kom,” het Magubane gesê.

De Beer moes vir weke rehabilitasie ondergaan, voordat sy ʼn driedubbele hartomleiding moes ondergaan.

“Dit was naelskraap, maar ons is almal baie bly dat mev. De Beer uiteindelik huis toe kan gaan en die feesseisoen op haar verjaarsdag saam met haar familie kan deurbring,” het Magubane gesê. “Ek skryf haar herstel toe aan haar ongelooflike vegtersgesindheid en ook die ondersteuning van haar familie deur dié traumatiese tyd.”

Ansja se pa is vroeër dié jaar oorlede, en sy glo dat dit haar ma diep geraak het en haar gesondheid ernstig beïnvloed het. “My pa was vir sewe jaar lank gestremd en my ma het na hom omgesien. Sy het ʼn baie groot hart en beide my ouers is vegters! Ons is ongelooflik dankbaar en geseënd om my ma by ons te hê vir die feesseisoen én om boonop haar verjaarsdag op Kersdag te vier,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sitler ·

Wanneer gaan mense besef dat hulle gewig n groot, GROOT invloed het!

Alrea du plessis ·

Ek versorg Linda desert haar ontslag op tien November. Sy weeg 77kg.

Nettie ·

Maroela Media, dit is ‘n HARTOMLEIDING – nie ‘n hartomlyning nie!!!

Z ·

Nou moet ek ook maar my taal-eier lê. Tyd word saam deurgebring en nie saam spandeer nie.

Sonja ·

Dankie. Ons kan nie toelaat dat Afrikaans so gemartel word nie.

Blommie ·

So ‘n storie is baie ontstellend. My oorlede man het 4 massiewe hartaanvalle in 4 dae gehad en 3 weke daarna sy oog verloor ag kanker, hy was 43 jaar maar henog 22jaar geleef daarna. Ek het dus empatie met die gesin. Ek bid vir haar sterkte toe. Geseënde verjaarsdag vir u.

Emily ·

Nee wat, Of jy maar of vet is maak nie saak nie. Ek weeg 50, is 58 en het my 1ste een n jaar terug gehad.

lizl ·

Ek ken nie die dame nie, nie mooi seker hoekom is dit op hierdie blad ? Sal graag my man wil opsit. Hy het 8 hartaanvalle in 2 dae gehad. 3 Dubbelle hartomleiding gekry, en toe na dit `n ICD ( Cardio implanted Debfribilator) in 2016. Nioks met gewig uit te waai. Langtermyn gevolgen van diabetes. Vandag sny hy self gras, werk in die tuin en nog meer as ooit voorheen. Hy is `n lewende getuie van God se genade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.