Drie met liefde vir bome vertoon kuns

Marina Louw.

Marina Louw.

At Smit, Nicki Böttcher en Marina Louw deel almal ʼn liefde vir bome. Dit verklaar waarom al drie hout as basis vir hul kunswerke gebruik in ʼn Liefde vir bome, ʼn uitstalling wat Vrydag in die galery van die Kunsvereniging Pretoria in Nieuw-Muckleneuk begin.

At Smit.

At Smit.

Smit se delikate, noukeurig-gedraaide objets d’art beklemtoon die sagte weelde van hout se kleur en grein.

Böttcher is ʼn goudsmid wat onafgewerkte hout gebruik om funksionele en kunstige silwer juweliersware te giet wat sy dan met diamante, half-edelgesteentes en pêrels kombineer. Met behulp van oksidasie in verskillende kleure bring sy haar interpretasie van die karakter van die hout na vore.

nicki-bottcher-1-2

Nicki Bottcher.

Louw gebruik ruwe hout, peule en droë blare as basis en tesame met silwer, brons, koper en half-edelgesteente word juwele geskep in die geaardheid van kostelike mini-beeldhouwerkies.

Die uitstalling word op Vrydag 18 November om 18:30 vir 19:00 deur die bekende bloemis Willem Jansen van Vuuren geopen en duur tot 15 Desember.

Die galery van die Kunsvereniging Pretoria is by Mackiestraat 173, Nieuw-Muckleneuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.