Drywende mielieboer: ‘Ons is só geseënd’

JC en sy vrou, Tharina. Foto: Facebook/JC Bezuidenhout

JC en sy vrou, Tharina. Foto: Facebook/JC Bezuidenhout

ʼn Onlangse video van ʼn boer wat op ʼn opblaasring op die water tussen sy mielies dryf, het mense omtrent aan die skater gehad, en die video is reeds duisende kere op sosiale media gekyk.

Maroela Media het vroeër vandag die video gedeel en lesers gevra om dié boer te help opspoor. Dit was nie lank voordat lesers die drywende mielieboer geïdentifiseer het nie.

Jan Christoffel Bezuidenhout (33), of JC vir kort, woon op die plaas Genadendal buite Wesselsbron in die Vrystaat en boer hoofsaaklik met mielies. Nes talle ander boere het JC ook vreeslik gesukkel tydens die droogte.

“Dit het soos ʼn woestyn hier by ons gelyk en die wind het die grond weggewaai. Al die boere in die omgewing het gesukkel. Ons het vreeslik min geplant hierdie seisoen, maar ons wou ʼn kans vat,” het JC aan Maroela Media gesê.

JC het op 7 November verlede jaar begin plant en eers op 28 Desember vir die eerste keer goeie reën gekry.

“Van 1 Januarie tot vandag het ek 450 mm reën ontvang. Kyk, dis baie reën! Dit het verlede jaar, vir die hele jaar, net so oor die 500 mm gereën.”

In die video lê JC op ʼn opblaasring en dryf in die water in sy mielieland. Hy gesels ewe met sy buurman, Buks de Klerk, oor die mielies. Dit was ook Buks wat die video geneem het.

“Man, dit het so gereën hier by ons, dat alles oorspoel het. Ek vir my vrou gesê ek gaan nou op die tube klim en kyk waar die stroom my gaan vat. Dit was so 13:00 se kant,” het JC vertel.

Vir hom is daar nie iets soos te veel water nie en meen hy vat eerder baie water as die droogte wat hy verlede jaar ervaar het.

“God is goed. Ek en my vrou is so geseënd en ongelooflik dankbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

MT ·

Dis lekker om ‘n slag goeie nuus te lees! Ek is saam met diè boer en talle ander bly oor die reën en bid vir nog waar dit so nodig is! God voorsien!

Niccy ·

Dit is so waar… GOD IS GROOT en ‘n Waarmaker van Sy Woord. Hy sal ons nie los of laat staan nie.

Pieter ·

Maroela Media, dankie vir die opvolgberig! Sien egter die kommentaar van Pieta by die vorige berig. Ek sal dit nie waag om met ‘n “BUITEBAND” (die buitenste rubber van ‘n wiel) op water te probeer dryf nie – die ding sal eerder sink as dryf! JC het wel duidelik op ‘n opblaasbare “BINNEBAND” of soortgelyke tjoepie gedryf, beslis nie ‘n buiteband nie! As julle my nie glo nie, vra homself! Moontlike regstelling van beide berigte, asb?

Sune van Heerden ·

Dagsê Pieter

Dankie vir jou terugvoer, ons het die berig gewysig om eerder te verwys na ‘n “opblaasring”, omdat dit tegnies eintlik ook nie ‘n “binneband” is nie. Ons vertrou die verwarring is nou opgelos.

Ons vertrou jy het die video saam met ons geniet!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Helene ·

Ai, dis sulke lekker nuus vanmore oor hierdie jong boer, sy buurman vriend en gesin.
God is getrou! Dit kan ons nie net glo omdat ons weet nie maar ons SIEN dit ook.
Dankie vir die goeie nuus en geseende jaar met die mielies. Van ons hier uit die Kaap. Julle is voortdurend in ons gedagtes en gebede.

Susan ·

Maroela media, ek dink nogal nie ‘n BUITEBAND gaan so lekker dryf nie!!! Ek is nogtans mal oor die berig en die video! Ons het almal baie rede tot dankbaarheid! Ons het ook al seker naby die 400 mm reën gehad in Pretoria van 1 Januarie af!

Sune van Heerden ·

Dagsê Susan

Dankie vir jou terugvoer, ons het die berig gewysig om eerder te verwys na ‘n “opblaasring”, omdat dit tegnies eintlik ook nie ‘n “binneband” is nie. Ons vertrou die verwarring is nou opgelos.

Ons het definitief die video net só geniet!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Thea Gerber ·

Mooi berig, goeie reën is altyd goeie nuus, al doen dit partykeer ook skade.
Terloops, dit is ‘n binneband, ‘n buiteband sou heel waarskynlik sink.

Sune van Heerden ·

Dagsê Thea

Dankie vir jou terugvoer, ons het die berig gewysig om eerder te verwys na ‘n “opblaasring”, omdat dit tegnies eintlik ook nie ‘n “binneband” is nie. Ons vertrou die verwarring is nou opgelos.

Ons vertrou jy het die video saam met ons geniet!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

naomi ·

Goeie begryper het net n halwe woord (en soms n video of foto) nodig. ;-)
Dankbaar dat God die aarde seen

RK ·

Wanneer ons Boer volk, Vader se volk, eers terug draai na Hom toe gaan die hele wêreld verstom staan oor die oorvloed seëninge waarmee Hy ons gaan oorlaai ?

RK ·

Wanneer ONS volk, Vader se volk, eers terug draai na Hom, gaan die hele wêreld verstom staan oor hoe Hy ons gaan oorlaai met seëninge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.