Duisende bid in wit

Groepe landsburgers van alle rassegroepe het op plattelandse dorpe soos Parys, Randfontein, Jeffreysbaai en Upington en stede soos Pretoria, Port Elizabeth en Durban saamgekom om te bid vir die komende verkiesing op Vryheidsdag. Hier is groep wat in Pierre van Ryneveld, Centurion bymekaar gekom het. Foto: Nichelle Steyn/Verskaf.

’n Golf van mense in wit hemde het die land op Vryheidsdag ingekleur. Groepe landsburgers van alle rassegroepe het op plattelandse dorpe soos Parys, Randfontein, Jeffreysbaai en Upington en stede soos Pretoria, Port Elizabeth en Durban saamgekom en plaaslike woonbuurte ingevaar. Die doel van die byeenkomste was vir Christene om vryheid in Jesus te vier en om ook vir die land voor die komende verkiesing te bid.

Een van die drywers agter die byeenkomste is die Kingdom Nation-inisiatief. Dit is maar een van vele veldtogte wat voor die verkiesing van stapel gestuur is om Christene aan te spoor om bymekaar te kom om te bid en vas vir verandering in die land.

Kingdom Nation spoor landsburgers, maar veral Christene, aan om hul kruisie te trek langs ’n politieke party wat vir Christelike- en familiewaardes staan. Kingdom Nation het ’n verklaring op hul webwerf geplaas en nooi mense uit om dit onderteken en te verklaar dat hulle by hul Christelike waardes staan en sal poog om dié waardes daagliks uit te leef deur ’n verskil in hul gemeenskappe maak.

William George Moyses, een van die jong stemme van Kingdom Nation, het die verrigtinge  in Pierre van Ryneveld, Centurion afgesluit.

“Dankie aan elkeen wat vandag staan vir hul vryheid in Jesus. Ek glo dat ons van vandag af met die liefde van Jesus in ons harte, braaf genoeg sal wees om te staan vir wat ons in glo en ons lig sal skyn vir Jesus soos nog nooit tevore nie.”

Hy spoor mense aan om ook op verkiesingsdag (8 Mei) wit te dra. Hy sê God is toegewyd aan familiewaardes en daarom moet Christene ook goeie familiewaardes uitleef en vir ’n party stem wat daarvoor staan.

loop-vir-jesus-02

Landsburgers word uitgenooi om die komende Vrydag 3 Mei vanaf 18:00 by die Uniegebou in Pretoria bymekaar te kom om vir die land in te tree in gebed. Foto: Nichelle Steyn/Verskaf.

Dr. Arthur Frost, een van die organiseerders van die byeenkomste, het gesê hy is opgewonde oor die planne wat God vir Suid-Afrika het.

“Dis is so ’n voorreg om te sien hoe mense van oor die land heen bymekaar kom en verenig in gebed. Ons moet aanhou bid vir ons land en ons mense – as ons saamstaan, sal ons beleef hoe God verandering in ons land bring.”

Vicky Rowlands het kommentaar gelewer op Facebook dat sy in Engeland is, maar ook saam met Suid-Afrikaners geloop het vir Jesus. Dr. Convy Baloyi, leier van ’n Christelike party genaamd African Covenant (ACO), het gesê hy is opgewonde oor die steun wat hy sover van kiesers oorsee ontvang het.

Meer as 29 000 buitelandse burgers het geregistreer om vanjaar te stem en baie het hul kruisie vir die nasionale verkiesing op Vryheidsdag in verskeie groot stede in lande soos Engeland en Amerika getrek. Dié stemme sal eers saam met die res ná verkiesingsdag getel word.

  • Landsburgers word uitgenooi om die komende Vrydag 3 Mei vanaf 18:00 by die Uniegebou in Pretoria bymekaar te kom om vir die land in te tree in gebed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tessa ·

Amen! Ek is so opgewonde oor wat God 3-enig besig is om te doen!!!!

Frm ·

Hierdie is dalk iets wat afriforum ens kon ondersteun as hulle dan nou regtig vir die Christelike Afrikaanse volk n spreek buis was. God is groot en dit is n wonderlike inisiatief.

Sonia ·

Jesus Christus is die ENIGSTE oplossing vir SA! Ons bid vir ‘n ongekende herlewing – ook onder ons parlementariërs! Dink net as Julius Malema tot inkeer kom hoeveel siele gered sal word en ons land sal anders lyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.