Daar is ‘n belofte in jou toekoms. Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie van DZL het ‘n spesiale boodskap – net vir matrieks!
Lewe vir vandag en dan gee jy jou alles sodat môre vir jou ʼn toekoms kan gee.
Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.
Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!