Een kaart wat jou lewe makliker kan maak

Jy moet die kruideniersware en skoolbenodighede betaal en hy moet sorg vir die petrol, polisse en ander rekeninge. Dié administrasie alleen kan jou met jou hande in jou hare laat sit. Dit is geen maklike taak om jou sente om te draai nie, want dit verg kophou tussen die magdom kaarte en rekeninge. Moenie langer sukkel nie … Koopkrag is een manier hoe jy die lewe vir jouself makliker kan maak.

Hoe kan dié kaart help?

’n Verskeidenheid van voordele
Koopkrag bied die oplossing op al hierdie hoofbrekens. Dit bied jou één kaart waarmee jy bykans alles kan doen. En één kaart beteken net één rekening om maandeliks te betaal en dit help jou om jou rande te rek, want jy verdien ’n bonus op al die aankope wat jy maak, mits die rekening ten volle vereffen is teen die derde van elke maand. Dié bonus word in Desember aan jou beskikbaar gestel, dan kan jy die familie verras met ekstra vakansiegeld.

Kostes is laag
Die kaart se koste gaan jou nie wurg nie. Jy betaal geen rente op aankope indien dit elke maand betaal is nie. Die kaart bied ook ’n begrotingsfasiliteit vir groter en duurder items, met ’n afbetalingsopsie van tussen 3 tot 24 maande en jy kan boonop ’n bonus op die aankope verdien. Koopkrag hef geen aansluitingsfooie nie en daar is ’n maksimum administrasiefooi van slegs R3,50 per maand. Transaksiekoste beloop 90c per kaarttransaksie en ’n nuwe kaart sal jou slegs R50 uit die sak jaag.

Veeldoelig en gerieflik
Wat kan jy alles met die kaart doen? Jy kan jou Koopkrag-kaart onder meer by die volgende winkels gebruik: Shoprite, Checkers, Checkers Hyper, Clicks, Dischem, Game, Ackermans, Chamberlains, Builders Warehouse, Makro, Cape Union Mart, Woolworths, Pick n Pay, Tiger Wheel & Tyre, Boardmans, Edgars, Jet, CNA, Red Square, Poetry ensomeer. Dis ook nie net tot jou inkopies beperk nie. Met jou Koopkrag-rekening kan jy ook voorsiening maak vir motor- en huisinhoudversekering, groeplewensversekering, groepbegrafnisversekering, persoonlike lenings en selfs finansiering.

Sluit nou aan by Koopkrag en vereenvoudig die finansiële bestuur in jou huishouding sodat jy meer tyd het vir lekker familie-doen-dinge.

Klik hier vir al die besonderhede hoe jy kan aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.