Eerlike weldoener herstel man se geloof in SA

Evert Swart en Sello Maluleka. Foto: Facebook via Evert Swart

Evert Swart en Sello Maluleka. Foto: Facebook via Evert Swart

Evert Swart, ʼn deeltydse sanger en verkoopskonsultant vir Absa, sê sy geloof in Suid-Afrika is herstel nadat ʼn wildvreemde persoon die geld wat hy by ʼn OTM onttrek en vergeet het, aan hom terugbesorg het.

Swart sê hy en sy vrou het inkopies gedoen in die Brits-winkelsentrum toe hy geld onttrek het voordat hulle na die motor is om die inkopies weg te pak.

“Terwyl ons die inkopies in die kattebak gepak het, het ʼn man op my afgepyl gekom. Hy het nie oogkontak verbreek nie, en ek was seker daar is moeilikheid op pad,” vertel hy.

Die man, Sello Maluleka, het Swart se geld by die OTM geneem en hom gevolg tot by sy motor. “Hy het my gevra of ek pas by die OTM was. Toe ek sê ja, het ek aan my sakke gevoel. Ek het besef ek het nie my geld gevat nie. Dis toe dat hy die geld vir my gee.”

Swart sê sedert hy ʼn inskrywing op Facebook gemaak het, was daar nog net positiewe reaksie. “Dit is duidelik dat mense graag goeie nuus wil hoor. ʼn Vrou het my op Facebook gekontak en gesê dit maak haar dag en dat sy sommer weer positief voel.”

Hy sê hy sal voortaan twee keer dink voordat hy gevolgtrekkings maak. “ʼn Mens is te vinnig om te oordeel. Daar is steeds goeie mense in die land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elsabe ·

Dis net so jammer dat daar min positiewe goed met mense gebeur. So min dat as dit die slag gebeur, haal dit die nuus.

Ruby ·

‘n Mens lees meer en meer van dié soort ding.

As almal in die land maar dieselfde wil doen.

Trots op jou Sello.

zhara ·

Ek dink ons kort dit in Suis Afrika n slag weer die mooi/goeie ook raaksien

Armgat ·

As jy by ‘n ATM geld trek en jou kaart vergeet, of jou strokie…..kan mens dit verstaan. As jy by ‘n ATM geld trek en die geld daar vergeet….dan het jy teveel….

hein ·

Hierdie het toevallig met my gebeur vanoggend. Behalwe dat my geld nie meer by die masjien was toe ek besef en teruggaan nie. En niemand het ook agterna gehardloop met die geld nie. :) Maar ek is bly vir hierdie man en saam dankbaar vir die eerlike man. Hy help om mens se geloof in die mensdom weer te versterk.

mandy ·

My seun , TA Swart se selfoon het uit sy sak gegly by n robot by n mall (hy was op sy motorfiets) die middag het n swart man hom gebel (na sy vroy se foon toe). En hom gese dat hy dit gesien het en dat hy nie kon vertoef want hy moes die taxi betyds kry. Hy het my seun gese hy sal more spesiaal inkom weer met taxi en my seun se foon vir hom by die mall gee. Hy het so gedoen en my seun het sy foon teruggekry. Ons kon dit nie glo nie, my seun het hom vrgoed vir taxigeld en ook n beloninkie gegee. Die man wou nie belong he nie , maar my seun het aangedring om hom vir sy onkoste te vergoed. Ja daar is nog goeie mense daar buite al is dit min. (Of dalk is die van “Swart” n gelukkige van, lol

SNEL ·

Lekker om dit te lees en besef daar is nog eerlike mense en mense wat omgee. My hart klop nou sommer warm.

Uncle Buck ·

Ek staan nog by my filosofie dat 10% van ‘n sekere groep die oorsaak is dat 90% van dieselfde groep ook ‘n slegte naam kry. Die een persoon maak ‘n verkeerde opmerking en almal onder daardie groep word dan so geklasifiseer. Ons as mens is seker maar so geprogrameer dat ons makliker die verkeerde sien en onthou as die goeie wat baie meer is

Hettie ·

Trots op jou Sello! Hou so aan jy is goeie en earlike mens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.