‘Ek bid vir jou ook ʼn onvoorsiene wonderwerk toe’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma van Pretoria het haar tot sosiale media gewend om dankie te sê vir ʼn vreemdeling wie se onbaatsugtige daad die afgelope naweek ʼn groot uitkoms vir die gesin was.

Die ma, wat anoniem met Maroela Media gesels het, het gesê sy hoop die onbekende vrou sal die dankieboodskap op Facebook lees om te sien wat haar onbaatsugtige daad vir die gesin beteken het en te weet sy was op daardie dag vir ʼn gesin die Here se uitkoms.

“Dit was een van daardie rowwe maande waar onvoorsiene dinge al ons finansiële voorsiening opgevreet het. Ons laaste geldjies moes vroeg die naweek al vir die laaste week van die maand kos koop,” vertel die ma. “Toe bel die kleuterskool. Ons dogtertjie het van die klimraam af op haar kop geval en moes steke kry.”

Gelukkig was hul dogtertjie nie ernstig beseer nie, maar saam met die skok van die nuus dat hul kind seergekry het, was die ouerpaar ook skielik in ʼn finansiële penarie gedompel. Hulle kon ʼn paar rand leen vir genoeg brandstof om tot by die hospitaal te ry en het gehoop dat hulle daar sou kon reël om die rekening af te betaal.

“Nadat ons die vorms ingevul het, het hulle aan ons gesê daar is ʼn R250-voorafbetaling. My man het gevra of die dokter solank vir sussie kan sien terwyl hy ʼn plan probeer maak,” het die ma vertel. “Intussen het ek en die vreemde vrou ʼn geselsie aangeknoop oor ons kinders. Haar seun was by die hospitaal met ʼn rugbybesering. Terwyl my man weer iemand gaan bel het, het die vrou gou ʼn draai gaan loop. In hierdie tyd het hulle ons geroep om die dokter te sien.”

Ná x-strale, verdowingsmiddels, steke en pynmedikasie kon sussie weer huis toe. “Die suster het ons eers teruggestuur om die rekening te gaan betaal. Die spanning was terug, R250 was net vir die konsultasie. Maar toe hoor ons, ons hoef niks te betaal nie. Niks nie. Iemand het die rekening ten volle vereffen,” het die ma vertel.

“Aan daardie mede-mamma, ek weet dit was jy. Jy wou nie hê ons mag weet wie jy is of jou nommer kry om dankie te sê nie. So, ek hoop jy kry die boodskap. Jy was vir ons die Here se uitkoms. Baie, baie dankie. Ek bid vir jou ook ’n onvoorsiene wonderwerk toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Eliza-beth ·

Wat ‘n fantastiese storie! Sterkte aan albei ouerpare met hul kinders se beserings en ek sê ook dankie vir die onbaatsugtige “engel”!

Gerda Erasmus ·

GOD IS GROOT! Wat jy saai mevrou wat die rekening betaal het, sal jy maai!

Rosaleen Colyn ·

Trane Trane. Daar is die mees ongelooflikste getuienisse deesdae. Ons het self onlangs so n ervaring gehad, Die Here voorsien altyd, maak nie saak op watter manier nie

Karin ·

Trane van dankbaarheid stroom oor my gesig…..dankbaar dat daar nog sulke wonderlike mense in hierdie deurmekaar wêreld van ons. Dankie mede-mamma…..jy SAL uit jou skoene gebless word.

Veronica ·

Kry ek nou hoendervleis hier waar ek sit en lees. Dit is wonderlik dat daar nog mense is wat omgee. Ek sou ook gehelp het want kinders is baie spesiaal. Was ek en jy nie ook al in so situasie nie. Ek is baie bly daar was iemand wat kon help. Seker die vrou wat gehelp het weet hoe dankbaar jy was oor die goeie daad.

Se maar net ·

Wow ! Wys net weereens die Here voorsien. Baie dankie vir jou helde daad Mev… Jy was die toonbeeld van die opdrag dat ons nie vir ons skatte op aarde moet bymekaar maak nie, maar wel in die Hemel

Liza ·

Fantasties! sit en hoendervleis kry! R250 klink so min, maar as jy dit nie het nie, het jy dit nie. Dankie engelvrou gestuur deur ons Almagtige GOD! Mag jy ryklik geseen word.

Karma ·

Die R250.00 was net die dr. se konsultasie-fooi: ek dink die bedrag was eerder na aan R4000.00 of so, want die hospitaal (ek neem aan dit was ‘n privaat-een) sou ook betaling eis vir die gebruik van hul noodkamer, die X-strale en medikasie. Maar aan “Mede-Mamma” wil ek vandag sê: “Dame, jy is werklik ‘n vrou – in elke opsig ‘n moeder vir jou kind(ers), vrou vir jou man, buurvrou, omgee-vrou, vriendin” – jou beloning lê nie in dit wat op aarde is nie, maar dit wat na die aardse lewe kom. Want so, verneem ek ‘n kort rukkie gelede, wou my broer vir sy neef, wat amper as boetie saam met hom grootgeword het, nie eens ‘n R20.00 gee nie, terwyl sy beursie bult van die kontantgeld. My neef het sy besigheid verloor, is werkloos en het vier kinders om te versorg. Hy is toevallig met ‘n kleurlingvrou getroud en sodoende deur die familie verwerp. DIT WAS ‘N SKANDE!!!

neelsie ·

Engele is daagliks tussen ons………..wees net ontvanklik vir hul liefde!

Kathy ·

Ek lees die berig en is hoendervleis – dankie Here dat U hierdie engel op die familie se pad gestuur het. Ek het net vanoggend die stukkie op FB gelees en glo dit is hoekom sy nie wou he hulle moet weet wie sy is nie — Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,

Gesiggie ·

Aan hierdie vrou wat die Familie gehelp het in hul tyd van nood, mag God aan jou nog vele meer voorsien… Ek wens daar was meer mense soos jy ” In tye van nood, is daar nie altyd iemand wat bereid is om te help… en as dit by n mens se kind kom, sal n mens enige iets doen om hul te help” Aan die gesin.. sterkte mag jul lewe van nou af net beter word, mag God aan jul nog meer Engele op jul pad sit… God Bless…

Alda ·

Die mooiste van hierdie berig is dat dit herken word vir wat dat dit is – ‘n wonderwerk. En dat die persoon wat die instrument was tot die wonderwerk, dieselfde toegewens word. Ons Vader glimlag verseker!

Antionette Malan ·

Dankie, dankie vir sulke barmhartige samaritane.

Ina ·

Die Here is tussen ons elke dag. Hy is die verskaffer van alles om ons. Dis ‘n wonderdaad en ek hoop mense wat nog nie besef dat God ons redding is nie, sal hierdie lees en besef daar is ‘n Groot God.

Jeanette ·

Dit is so wonderlik om te weet daar is sulke goeie mense en ek glo die Here stuur sulke mense op ons paaie en glo dit moet soos engele wees!!

charlene ·

Ek hoop die vrou lees of op facebook of hier wat sy beteken het vir daai mamma en pappa, maar meer as dit wat sy vir ander beteken. Sy herstel geloof is baie ander mense, al het sy nie eens kontak met hulle gemaak nie. Ek weet die het my aangeraak en nog baie ander. Dame, mede-mamma weet net jy is `n engel, `n wonderbaarlike engel.

Wiebo ·

Wil ook net dankie se vir daardie wonderlike persoon wat die rekening betaal het. JY SAL GESEEN WORD! Daardie mense het dit werklik nodig gehad. Dit gaan swaar, al werk mense hoe spaarsaming met die klein salarisse.

Dewald ·

Ek kry skoon trane in my oe toe ek die berig lees,GOD IS GROOT

J.J Dicks ·

Dank die HERE dat daar nog blanke mense is wat om gee.Daai dame en haar gesin sal geseen word duer GOD op sy manier

Hannes ·

Dame, jou kind met die rugby besering, ek weet dat die Here jou hart sien ten spyte van die onbekende waarin jy jouself ook bevind. Mag die Here die selle Liefde en Seën wat jy vir ander het, ook in jou lewe laat gebeur.

annie ·

Dankie ook aan ons Hemelse Vader
Here, U het daardie omgee-mamma geseën om dié mense te kan help. U help nie net gedeeltelik nie, maar volkome. Amen

GERDA ·

Wat ‘n pratige storie, dat ons nog goeie dinge in ons gebroke land kan hoor is net ‘n
seen en die mamma is toonbeeld van liefde. Dankie mevrou, jy laat baie van ons klein voel.

Harrie ·

…en die grootste gebod van almal is die liefde….hoe kan ons wonderwerke verwag as ons nie bereid is om iets vir ander te doen nie…

Ronelle Nortje ·

Mag Liewe Jesus jou seen met jou liefde vir jou mede mens,daar is min mense soos jy,jy n Engel van Bo

Aninda Cronje ·

Hoendervleis oomblik! So fantasties dat daar nog omgee mense in ons wêreld is! Mag jy God se liefde tien maal terug kry mev anoniem!

Judels ·

Wens ek het genoeg geld gehad om elke dag iemand te help, dit is so mooi van hierdie dame. Xx

Lidia Theron ·

Moontlik glo die skenker in die ‘pay-it-forward-‘ beginsel. As meer mense dit sal toepas,sal meer sal ons van sulke wonderwerke hoor.
Daar is ook ‘n fliek wat daaroor handel

Piet ·

Ons het meer sulke wonderlike stories nodig en minder beriggewing oor geweld en misdaad.
Dit is wat die lees van Maroela vir my die moeite werd maak.

Amanda ·

Ja, dis waar daar is engele om ons. Ek het my werk verloor en wanneer ek net dink daar is nie n uitweg gebeur daar n wonderwerk. Net HY kan die onmoontlike moontlike maak. Glo en vertrou ek hoop op Hom.

Nicolene ·

Snaaks dat dit nou al die tweede verhaal vandag is wat ek lees van onbaatsugtige liefde. Ek wens ons wil meer gee vir ander sonder om terug te verwag, en dis nie net geldelik nie. ‘N boodskappie hier of vinnige inloer daar is al klaar so baie vir iemand anders. Kom ons gee meer van ons ‘besige tyd’ vit ander in plaas van onself, is dit nie wat Jesus ook sou doen nie?

Bernè ·

Sò voorsien Vader vir ons! mevrou, jy wat die gesin gehelp het, mag jy God se keur van seëninge ontvang, nie net vandag nie, maar al die dae van jou lewe! Daar IS engele tussen ons …

Sêmaarnet ·

Amen, hierdie gee my ook sommer weer hoop vir die toekoms. Finansiële probleme is deesdae so algemeen. Dame jy is beslis ‘n engel gestuur deur GOD om daardie mense te help. Mag Sy seën jou altyd volg vir die res van jou lewe. GOD IS GROOT EN ALMAGTIG. Hy laat ons nooit in die steek nie.

Nuusleser ·

Dis iets wat mens nie meer kry nie.
Barmhartige samaritaan.

Ouma ·

Dankie vir jou groot geskenk wat jy gegee het. Die feit dat jy dit nie aan die groot klok wou hang nie, wys vir my dit is ‘n lening aan die Here. Ek lees net vanoggend in “Woord vir Vandag” dat dit die één ding is waarvoor ons almal eendag rekenskap sal moet gee. Daardie dag sal jy jou beloning in ontvangs neem, want die Here vergeet nie één liefdesdaad nie. Of dit nou geld, ‘n glimlag is, of moed in te praat; Al is dit ook hoe klein. Maar ook vir dié wat nét aan hulself dink en met moeite sover kan kom om ietsie te gee of nie, en AS jy iets gee, jy altyd iets in ruil terug verwag vir wat jy gegee het…….. Daarvoor sal ons ook maar moet gaan rekenskap gee….Nogal in die openbaar… Maar laaste maar nie die minste nie: Die een wat ontvang – kan jy voor die Here gaan staan en opreg sê ek het die liefdesgawe nie gaan mors op dwelms, drank en wat nog nie? Jy sal ook gaan rekenskap gee.

Hannelie Horn ·

Aan hierdie “engel” wat die vrou gehelp het, die Here sal jou seën. Dit is ‘n groot geskenk om iemand te help wat jy nie ken nie, alhoewel God ons almal ken. En jy is ‘n kind van die Here, dit wys in jou optrede. Dankie dat jy hierdie gesin gehelp het.

SIMON ·

Alle Engele het nie altyd vlerke nie. Dit gee mens net nog hoop in swaar tye dat daar wel “iemand ” is wat omgee.

Theuns ·

God gebruik mense om wonderwerke te laat gebeur,soos die dame wat geluister het na Abba Vader om die rekening te betaal.Hoeveel van ons luister?Wat n wonderlike storie,getuienis en wonderwerk!!!!Amen aan God alle eer!!!!

Aroma ·

Ek sit hier met hoendervleis en n knop wat ek moet wegsluk en dit wil net nie. Aan hierdie onbekende Kind van God wil ek ook se dankie. Baie dankie vir jou onbaatsugtige naaste liefde. Mag daar iemand wees wat weer vir jou so iets moois doen. Die verligting van n ander mamma en pappa dat hulle kindjie die nodige ontvang het uit die hand van n vreemdeling is so groots.
Dankie dat jy ons vertroue in die mensdom help herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.