Ek is bang om in die verkeer te bestuur en my eie ding te doen

gebruikte-motor-motors-bestuur

Foto: JéShoots.com/Pexels.com

Almal sien uit na die dag wat hulle hul rybewys kry. Vir baie impliseer dit vryheid. Vryheid om te beweeg waar en wanneer ons wil sonder enige hindernisse. Dit bring natuurlik baie verantwoordelikheid mee: teenoor jouself, jou passasiers, ander bestuurders op die pad en natuurlik jou geliefdes. Moenie hierdie verantwoordelikheid gering ag nie.

Maar dis nie noodwendig ’n proses wat vir almal sonder spanning verloop nie.  Hierdie verantwoordelikhede, asook al die risiko’s betrokke, maak dat baie voel hulle wil nog nie self bestuur nie. Om onafhanklik te raak, gebeur nie vir almal op presies dieselfde oomblik nie. As jy dus so voel, wees rustig. Dit sal kom – mits jy natuurlik seker maak jy doen alles wat jy kan om dit te bereik. Enigiets wat jou sal help om met meer vrymoedigheid alleen te bestuur, is die moeite werd om te probeer.

Daar is net een raad: oefen, oefen, oefen. Op stil paaie en op stil tye.  Leer ken jou reëls en die motor wat jy bestuur. Raak so gemaklik soos wat jy kan, maar êrens gaan jy klein treetjies moet begin gee: bied aan om klein ritte vir jou ouers te doen. Eers saam met mense. Daarna alleen. Niks gee mens soveel selfvertroue soos om te sien jy kry dit reg nie.

As jy spesifieke vrese het, identifiseer dit en kry iemand om jou daarmee te help. ’n Onafhanklike persoon, soos by ’n bestuurskool, help ook baie. En onthou, niemand het van die begin af perfek en gemaklik rondgery nie – dit neem ’n rukkie. Maar dis die moeite werd om vas te byt: jou vryheid gaan vir jou baie beteken en boonop lekker wees!

 

Dié artikel is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

B ·

Baie geldige en toepaslike artikel. Dit was ook een van my kind se grootste vrese. (Veral met mede padgberuikers wie nie ‘sien-leef-en-laat-leef’ pleeg nie)

Goeie raad!

waarheid ·

Baie van ons was daar – maar toe kon die mense nog bestuur het en het geldige lisensies gehad. Nou is dit ‘n ander storie.
Goeie artikel soos jy se “B”. Stem saam.

Sonja ·

Kinders kan nie meer fietsry en so vertroud raak met die pad wat hul vorentoe help om selfvertroue te hê om te bestuur met n voertuig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.