Eduan Bruwer van Hoërskool Marais Viljoen het onderskeidings in elkeen van sy matriekvakke losgelaan. Sy vakkeuse was Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en rekenaartoepassingstegnologie.
Sy pa, Schalk, is ʼn elektroniese ingenieur en sy ma, Lizanne, is ʼn onderwyseres. Hy het ʼn jonger broer, Christiaan, wat nog op skool is.
Eduan gaan sy vakansie in Margate en tuis in Alberton deurbring. Sy plan is om medies te gaan studeer – aan Tukkies, Wits of die Sefako Makgatho-Universiteit vir Gesondheidswetenskappe.
Eduan was vir die grootste deel van sy skoolloopbaan een van die tien top-presteerders. Hy was ook tot en met 2016 die nasionale debatvoerder en redenaar. Hy was deel van die bestuurspan en lid van die VLR.
Sy akademiese sukses skryf hy toe aan harde werk, toewyding en die feit dat die foute wat hy begaan, vir hom ʼn leerskool is.
Sy grootste rolmodel is Elon Musk, vir sy merkwaardige bydrae tot die wêreld se astronomie-bedryf. Hy sê dit inspireer hom om ook ʼn verskil te wil maak.
Eduan hou van fotografie, rekenaarspeletjies en swem. Hy geniet waaghalsige pretritte en avontuuraktiwiteite.
Hy put bevrediging uit ʼn taak wat goed afgehandel is, maar verwyt homself wanneer hy foute maak. Hy erken hy is ʼn sensitiewe mens wat nie van kritiek hou nie. Hy kan hardwerkend wees indien dit iets vir sy langtermynplanne kan beteken, maar sê ook dit is belangrik om genoeg te rus.
Sy lewensfilosofie is:
Be fearless in the pursuit of what sets your soul on fire.
Baie geluk Eduan. Ons is almal so trots op you
Goeie keuse van n rolmodel! Onthou net Elon se sukses het in Amerika begin. Ek stel voor skryf jou SAT toetse en kom in Amerika.