Enorme skenking aan kinderhuis

Foto:georgiabreakthru.org/

Foto:georgiabreakthru.org/

Danksy ‘n skenking van R100 000 deur Solidariteit Helpende Hand sal die inwoners van die Gracia-sentrum, ʼn plek van veiligheid in Pretoria-Noord, se droom om ’n huis te hê, nader wees aan verwesenliking.

Dié sentrum is tans die tuiste van nagenoeg 60 behoeftige en verwaarloosde kinders wat in die sorg van dié plek van veiligheid geplaas is. Weens die toenemende behoefte aan huisvesting vir al hoe meer kinders wat weens soortgelyke redes ’n heenkome moet vind, word daar nou gepoog om R1 miljoen in te samel sodat die tehuis ’n bykomende perseel, aangrensend aan hul huidige eiendom, kan aanskaf.

Helpende Hand ondersteun hiermee AfriForum Jeug se Groen Bussie-projek wat verskeie projekte aanpak om geld vir die verwesenliking van hierdie sentrum se droom in te samel.

Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, is die skenking, wat bedoel is om hierdie kinders se verblyfskrisis op te los, nie net ’n fisiese gebaar vir ’n fisiese behoefte nie.

“Hierdie skenking sal uiteindelik help toesien dat hierdie kindertjies, wat reeds soveel teëspoed in hulle kort lewens moes deurmaak, ’n veilige hawe kry. Dit is boonop ’n belegging in die toekoms van hierdie kinders aangesien die skenking nog vir baie jare steeds vrugte sal afwerp,” verduidelik Brink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tina ·

Dit is absoluut wonderlik!! Mag mense se harte en hande oopgaan in hierdie moeilike tye; help en uitreik na die minderbevooregtes. Ek dink in besonder aan die oues van dae en aan die kindertjies wat vragies het en nie kan verstaan . Dankie vir Afriforum; Solidariteit Helpende Hand en ALMAL wat betrokke is en nog gaan raak. Ek bid die Here se seen op julle af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.