Everest geklim vir jong brandslagoffers

(Foto: Verskaf)

Twaalf mense van reg oor Afrika sal binnekort ʼn tog begin – nie net vir hulself nie, maar ook vir die duisende Suid-Afrikaanse kinders wat jaarliks brandwonde opdoen.

Die Avela-stigting is ʼn niewinsgewende organisasie wat geld insamel om kinders met brandbeserings te help op die pad na fisieke en emosionele herstel. Verteenwoordigers van die Avela-stigting, in samewerking met die Smile-stigting, sal Everest, die wêreld se hoogste berg, aanpak met die basiskamp as eindbestemming om dié fondse in te samel.

“Die Avela-stigting bied hoop aan die kinders wat ʼn groot nood het vir fisieke én emosionele behandeling nadat hulle lewensbedreigende of verlammende brandbeserings opgedoen het,” het Cami Palomo, die stigter van Avela, gesê.

Palomo het bygevoeg dat ʼn deel van hul missie is om geld in te samel om die jongste tegnologie en toerusting aan Suid-Afrika te verskaf wat behandeling van brandbeserings kan verbeter.

Hedley Lewis, uitvoerende hoof van die Smile-stigting, het gesê om Everest te klim is ʼn strawwe uitdaging.

“Hierdie tog gaan daaroor om uitdagings te oorkom vir die bergklimmers sowel as die brandoorlewendes,” het Lewis gesê.

Volgens Avela doen nagenoeg 3,2% van die Suid-Afrikaanse bevolking jaarlikse ernstige brandwonde op.

Vir meer inligting oor dié projek kliek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lees ·

Dag se maroela media
Paragraaf 4 moet geld wees,en nie gels?

Sune van Heerden ·

Dagsê Lees

Dankie, die berig is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Kosie Kramer ·

Die Everest-klim gaan miljoene kos. Ek verstaan nie hoe dit gaan help met geldinsameling nie. Dit lyk vir my eerder na mense wat Everest wil klim, maar dit nie kan bekostig nie, en nou die geld wat ingesamel word vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.