FAK vereer uitnemendheid tydens Prestige-aand

Wenners van die FAK Prestige-toekennings (Foto: Verskaf)

Die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het tydens sy Prestige-aand, wat op Donderdag 24 Oktober gehou is, individue vereer wat lewenslange bydrae in hul onderskeie beroepsvelde gelewer het. Monique Steyn het opgetree as gaskunstenaar.

Marna Jordaan, hoof by Afrikaanse Hoër Meisieskool, het die HB en MJ Thom Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding ontvang.

Die FAK Prestige-toekenning vir uitnemende kultuurprestasie in die Afrikaanse toneelkuns is aan Frank Opperman oorhandig, en Charles Smith, tans Netwerk24 se sentrale nuushoof en die nuusredakteur van Volksblad in die Vrystaat en die Noord-Kaap, het die FAK Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaans in die media in ontvangs geneem.

Die skildery wat Walter Meyer se ouers aan die FAK geskenk het. Voor van links Dr. Danie Langer, Walter se pa Hugo en sy ma Sonja, en Prof Danie Goosen. (Foto: Verskaf)

Walter Meyer word postuum vereer met die NP van Wyk Louw-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse taal en kultuur. Meyer is bekend vir sy skilderkuns van die Kalahari en die Karoo. Meyer is in 2017 in Upington onder tragiese omstandighede dood.

By die toekenningsgeleentheid het Meyer se ouers, Hugo en Sonja Meyer, sy toekenning ontvang. Hulle het een van sy skilderye, ’n uitbeelding van die plek waar die Bethulie-konsentrasiekamp was, aan die FAK geskenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.