Fênsie – met ʼn leerdas vir Kersfees

Leerdasse in ons Koöperasie

Soms wil jy mos vir jouself opstêrs hou, soos om spoggerig te lyk om die Kerstafel of wanneer jy jou kollegas wil beïndruk met jou harde werk die afgelope jaar tydens die jaareindfunksie.

Dis wanneer dié dasversameling handig te pas kom om jou uitrusting af te rond. Elke das is boonop van egte leer gemaak om te wys dat jy nie skrikkerig is om modieus of modern te lyk nie – selfs al klop die Karoo in jou are en druk jy nog soms ʼn kam in jou kous.

Maar dié dasse is nie net vir Kersfees nie. Kies ʼn slanke hangdas wat perfek is vir werk, kerk of ʼn romantiese aandjie uit, of ʼn sjarmante strikdas wat ekstra spesiaal is vir ekstra spesiale geleenthede.

Die das en strikdas is handgemaak en verwerk van die hoogste kwaliteit leer om te verseker dat jy nog baie jare lank fênsie gaan lyk. Kies tussen donker- of ligtebruin leer, of kry sommer albei en weet jy het altyd ʼn das wat netjies pas.

Koop jou das nou in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.