Foto: Jongste en oudste verteenwoordigers van die ATKV  

V.l.n.r.: Roy Riley, Carla O'Connell en Sakkie Kotze van die ATKV. Foto: Verskaf

V.l.n.r.: Roy Riley, Carla O’Connell en Sakkie Kotze van die ATKV. Foto: Verskaf

Die jongste en oudste verteenwoordigers van die ATKV, Carla O’ Connell en Roy Riley, het onlangs die algemene jaarvergadering bygewoon en tydens dié geleentheid ook ʼn kopie van die ATKV Centurion se Omgee-CD ontvang.

Roy is op die ouderdom van 85 die oudste verteenwoordiger van dié instansie en net so oud soos die ATKV. Carla, een van die jongste verteenwoordigers, is slegs 15 jaar oud.

Die Centurion-tak het dié CD wat aan hulle oorhandig is, saamgestel en uitgereik as ʼn omgeegebaar aan senior burgers. Dit word ook aan tehuise vir bejaardes en aftreeoorde in Suid-Afrika beskikbaar gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.