[Foto] McDonald’s-werknemer voer bejaarde

Foto: Destiny Carreno, Facebook

Foto: Destiny Carreno, Facebook

ʼn Foto van ʼn werknemer by ʼn McDonald’s-kitskosrestaurante in Chicago, Amerika, wat ʼn gestremde bejaarde voer, gryp wêreldwyd mense se harte aan.

Destiny Carreno het op 16 September die foto op Facebook gelaai en verduidelik hoe die bejaarde man, in ʼn rolstoel, sy kos bestel en die kassier gevra het om hom asseblief te help. Volgens Carreno het die kassier sy kasregister tydens spitstyd gesluit, die man se kos in kleiner happies gesny en hom gehelp om te eet.

“Hierdie werknemer wat alles anders laat wag het ter wille van hierdie man, het ver bo sy pligte presteer,” het sy gesê. “Dit is die goedhartigste en nederigste gebaar wat ek al ooit in my lewe gesien het.”

Seeing this today brought tears to my eyes! Compassion has NOT gone out of style.Today I made a quick stop at McDonald…

Posted by Destiny Carreno on Wednesday, 16 September 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

As elke Sa persoon een so n eerbare daad in sy le we doen sal ons die wonderlikste land in die heelal Wees.

Marius ·

As elke Sa persoon een so n eerbare daad in sy le we doen sal ons die wonderlikste land in die heelal Wees.

Winston ·

Iewers is daar samaritane. Net nie in Afrika nie. Hier sal sy rystoel wegraak onder hom uit.

Sue ·

Daar is soveel samaritane in die wêreld, selfs hier in SA! Ons verkies net om dit nie raak te sien nie, bv. die Swartman wat stop om ñ witvrou se pap motorband om te ruil, die karwag wat my selfoon opgetel het buite my voertuig, gehou het en vir my terug gegee het. Die vrou by Fruit & Veggie wat haar kasregister net so gelos het en agter my aangehardloop het met my handsak. Die parmedikus wat buite sy werksure my man gehelp het toe hy ñ hartkramp gekry het. Daar soveel goeie dinge in Suid Afrika, net jammer ons sien dit nie raak nie

Neels Steyn ·

Baie dankie vir hierdie artikel, samaritaan, en vir jou reaksie op die negatiewe rimpels wat so graag ons samelewing en mense wil insluk. Dankie vir die voorbeelde wat jy genoem het, my niggie het by die poskantoor gestop en haar handsak is uit die motor gegryp, sy het die persoon agterna gesit en drie manne wat op die sypaadjie gesit het, het hulle voete uitgesteek en die dief laat val waarop sy haar handsak teruggekry het. Kom ons kyk na die Here en word positief vir hierdie mooi en met sy mooi mense, al is daar ‘n paar wat nie mooi dinge doen nie bly hulle God se skepping.

Neels Steyn ·

Baie dankie vir hierdie artikel, samaritaan, en vir jou reaksie op die negatiewe rimpels wat so graag ons samelewing en mense wil insluk. Dankie vir die voorbeelde wat jy genoem het, my niggie het by die poskantoor gestop en haar handsak is uit die motor gegryp, sy het die persoon agterna gesit en drie manne wat op die sypaadjie gesit het, het hulle voete uitgesteek en die dief laat val waarop sy haar handsak teruggekry het. Kom ons kyk na die Here en word positief vir hierdie mooi land met sy mooi mense, al is daar ‘n paar wat nie mooi dinge doen nie bly hulle God se skepping.

Amanda Van Vuuren ·

Die werker van McDonald’s is n groot ligpunt in hierdie donker wereld. Ja ek weet oral oor die wereld daag samaritane op en help n ander. Dis jammer dat hul menslikheid nie aangeteken word nie. Mens kan byna nie glo dat iemand nog tyd het vir n bejaarde nie. B richly blessed young man of Mac Donald’s dit was n priceless gebaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.