Foto van hoërskoolseuns gee hoop vir SA

Ronen Oosthuizen help sy opponent op na hy geval het. (Foto: Roger Sedres)

Ronen Oosthuizen, ʼn hoërskoolleerder aan die Bergsig Akademie in Rustenburg, het sosiale media op hol danksy ʼn foto van hom waar hy Saterdag ʼn mede-atleet by die SA Landloop-klubkampioenskap oor die eindstreep help.

Oosthuizen (17) het deelgeneem aan ʼn 6 km-wedloop vir seuns onder 16 en 17. Hy het Noordwes-Noord verteenwoordig, en die ander seun, wie se naam nie bekend is nie, Gauteng-Noord.

Marius Oosthuizen, Ronen se pa, het aan Maroela Media vertel wat gebeur het.

“Ons het gesien hoe val die ander seun, dit was so 150 m van die eindstreep af. Ons het toevallig net so entjie weg gestaan van waar die seun geval het. Ronen het eers verby gehardloop, dit was om die tweede laaste draai, maar toe het hy gestop en omgedraai. Ons kon van agter af sien hoe die outjie val en hoe Ronen omdraai en die outjie help.”

Deur te stop en die ander seun te help, het Ronen sy plek onder die top-20 prysgegee.

Oosthuizen sê Ronen is onder die top-20 in die provinsie, en is ook die provinsiale kampioen in 800 m en 1 500 m. “Dit is ʼn resies en nie ʼn marathon nie, so hulle hardloop vir ʼn plek en nie vir tyd nie. Nadat hy die ander seun gehelp het, het hy het nie eens onder die top-100 geëindig nie,” het sy pa gesê.

Die foto wat deur Roger Sedres geneem is en deur Allan Smith op Facebook gedeel is, is sedertdien al meer as 3 000 keer gedeel.

Sedres sê dit is juis dié soort goed wat hom ʼn liefde vir sy werk as sportfotograaf gee.

“Dit gaan nie net oor prestasies nie, maar ook oor die menswaardigheid. Die jong kinders is op ʼn ander vlak! Hulle beeld sportmanskap so mooi uit. Daai spesifieke oomblik het nie gegaan oor wen en verloor nie, maar eerder daaroor om mekaar te help.”

Ronen Oosthuizen help sy opponent op na hy geval het. (Foto: Roger Sedres)

Mense op Facebook het kommentaar gelewer oor die goeie sportmanskap wat Ronen getoon het, en dat die foto vir hulle hoop gee vir Suid-Afrika, omdat die twee seuns mekaar glad nie ken nie.

“Dit is my bydrae tot nasiebou,” het Sedres gesê. “Ek word die gawe gegun om hierdie soort ikoniese sportoomblikke vas te vang. Vir my is dit ʼn storie van versoening. Hierdie oomblikke kry jy nêrens anders in die wêreld nie, net ons verstaan dit. Net ons verstaan waar ons vandaan gekom het en ons kan sien waarheen ons op pad is met ons jeug wat só optree.”

Oosthuizen sê ʼn omgee vir sy medemens is deel van sy seun se lewe en dat hy ook op ander vlakke uitblink.

“Ronen is maar altyd so. Mense wat hom ken sal weet hy is ʼn uitstekende sportman. Hy presteer baie goed, maar hy daag nie op om die res van die deelnemers van die baan te vee nie. Hy wens altyd sy opponente sterkte toe en wens hulle dan weer geluk as hulle klaar is.

“Hy is volgende jaar sy skool se onderhoofseun en vaar akademies en kultureel ewe goed. Hy het in gr. 10 al ʼn spesiale toekenning by sy skool gekry wat hulle gee aan ʼn besondere leerder in die skool.”

Ronen en sy gesin het nie besef wat die impak van sy daad gaan wees nie. “Vir Ronen was dit normaal, hy het niks daarvan gedink om die outjie te help nie. Ons het nie eens eintlik daaroor gepraat na die tyd nie. Ek het net gesê ek is trots op hom en toe het ons gisteraand eers agtergekom wat hy gedoen het, het mense aangeraak,” het Oosthuizen gesê.

“Veral in ons land het dit vir mense iets spesiaals beteken. Maar dit is maar hoe ons gesin lewe en die skool moedig dit ook aan. Hulle is Afrikaans, Engelse, wit en swart saam in Bergsig Akademie. Vir hulle is dit normaal om mekaar te help en saam te wees. Dit is wonderlik om te sien dit maak regtig vir mense saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Hendrik ·

Ons regering maak ons land rassisties, inherend is ons nie, uitstekend daad jongman

Boerseun ·

Is rassisme, xenophobia of wat se ander naam ook al dan uniek tot SA? En wat van die NP, en die SAP voor dit?

Eish ·

Hier is nou n ware leiertjie. Mooi so jongman.
Vergeet die regering , hul hoef niks meer te sê nie. Hul dade spreek harder as hul woorde, dus dra dit tot niks by deur na hul woorde te luister nie.

Hoop ·

Die prentjie gee beslis hoop, dankie aan die fotograaf en vrou wat dit gedeel het. Vir hierdie jong man is dit ‘n lewenswyse, wat n mooi positiewe lewenswyse, mag hierdie voorbeeld deurgaan tot by die President, ek stem saam, dit is waar daar nog probleme is en natuurlik die ou paartjies……

Uvonka ·

Ronen the Hero! Ai ek wens so die regerings amptenare kan dit ook sien en ‘n baie duidelike les daaruit leer!

Teresa ·

Hierdie foto’s het my werklik aangeraak!! Baie baie goed gedoen Ronen!! En ook baie geluk aan jou ouers wat duidelik jou lewe lank daardie voorbeeld geleef het!!! Dankie vir die inspirasie…

Adriaan ·

Daar sal seker altyd diegene wees wat in die lewe optree soos die “tortel” van Totius se “Sprokie” altyd die lewenswater troebel wil drink en alles met ‘n snedige aanmerking wil vergal. Vir my kry die jong man 2 groot regmerke – hy het opgetree soos ‘n ware Christen deur sy naaste voor homself te stel, en tweedens het hy ware sportmangees openbaar. Sy optrede gee my hoop vir ons nasie se jeug, en wys dat daar nog jong manne is met inbors en ruggraat eerder as hangbroeke en takhare.

Dean ·

#Adriaan..Ek stem heelhartig saam met jou..In ń land waar almal probeer voorkom is n storie soos die soos heuning op die tong..Galblakers sal daar altyd wees..Aan Ronan se ouers..Welgedaan met sy opvoeding..so iets word slegs op voorbeeld aangeleer..Ronan..ek is seker ons in die land gaan nog baie van jou hoor..Oom is super trots op jou.

Boerseun ·

As ‘n foto Suid-Afrika moet hoop gee, is dit waarskynlik al te laat in die dag (nag)! Dit is die ANC-regime se plig om vir die burgers hoop te gee deur te poog om ordentlik te regeer, en nie deur te plunder en te vertrap soos tans die geval is nie! Dade deur die burgery (soos op die foto) is prysenswaardig, maar ons verwag eerstens van die regime om ons as volk met regte te erken, nie om ons soos bywoners – wat geskop en gemartel en vermoor word – te behandel nie!

Boerseun ·

ja ek wonder hoe lank bergsig nog afrikaans gaan aanbied

Francie ·

Mooi so Ronen! As mense net so bietjie verder wíl kyk, sal hulle van meer soortgelyke gevalle kennis neem – veral op die platteland!

Cathy ·

Lekker om so ‘n storie te lees te midde van al die moord, afguns en seerkry. Ek stem saam dat dit ‘n daaglikse lewenswyse moet wees. Feit is, dit is nie. Sommige mense is steeds snedig en verkleinerend. Niks kan hulle verby die sinisme laat kyk nie, daarom dat Ronen sê voorbeeld so baie beteken vir my as Christen. Lions don’t loose sleep over the opinion of sheep. Pragtige slagspreuk wat ek verlede week ook by ‘n kind geleer het. Ja, voorwaar, ons jeug wys ons hoe mense lyk wat ander onvoorwaardelik aanvaar, ongeag velkleur, geloof en kultuur. Welgedaan!

Charmaine ·

Ek stem. Party mense sal nooit die goeie raaksien nie. Kan nie glo dat iemand wel iets sal vind om oor suur te wees nie. Ons is trots op Ronen. Wat ‘n voorbeeld! En ons WIL goeie stories lees.

Sonja Slater ·

Ronen, jy is ‘n man duisend! Moenie dat die galbrakers dit wat jy gedoen het as onbelangrik afmaak nie. Huil hierdie tannie nou dat die trane loop……………. Geluk ook aan die ouers vir die opvoeding wat julle hom ooglopend gee.

Celeste Smith ·

Wel gedaan seun….mag hierdie gesindheid nooit kwyn met die stampe en stote van die lewe nie. Seën vir jou.

Basie ·

Dis ‘n seun om op trots te wees! Baie dankie aan sy ouers vir die pragtige opvoeding en seun, jy is ‘n mooi mens. Jy sal dit nog vêr bring in jou lewe, doen so voort?

Barend Kriel ·

Beautyful om te sien hoe een atleet respek toon vir n ander. Sport het baie lesse om leer…

Suzette ·

Gjorg, danki vir daai een. Ek was nou skoon moedeloos oor Boerseun wat so negatief is, toe kom ek op jou kommentaar af en kon toe lekker lag. Dankie daarvoor. Boerseun, mag jy ini toekoms net die mooi dinge ini lewe raaksien.

Realiteit ·

Hoop vir die toekoms inderdaad !!! wonder net hoeveel plaas moorde, verktagtings ens ens ens was daar in die tyd dat die jong man die ander een opgehelp het en terwyl almal so groot ophef daarvan gemaak het !

Marthie ·

Ronen, jy het meer gedoen in een momemt van omgee, as ‘n jaar se preke in kerke en jare se politieke toesprake. Dankie vir die ongelooflike voorbeeld wat gestel het, ongeag ‘n prestasie wat jy verbeur het. Met so ‘n gesindheid onder jul jongmense, sien ek ‘n Suid-Afrika wat blom!

Riaan ·

Mooi gebaar van die jong man. Dit is lekker om sulke goed te lees, maar ek is meer verblydend oor die kommentaar van die lesers. Dit laat ‘n ou goed voel.

Boetman ·

Dis die sogenaamde bevryding leiers wat die land rassisties maak. Die verkeerde mense word politieke leiers, want hulle het nie die vermoëe om dit in die privaatsektor te maak nie. Goeie daad seun.

Gert ·

Ronen het nou meer eer verdien (nie doelbewus) as wat hy selfs onder die top 3 sou verkry het. Dit wat hy daar gedoen het, mag nie meer soos voorheen op comrades gedoen word nie en daarom is die gees van comrades vir ewig gesksaad agv kommersialisering van die sport. Sport juis daar om bande te bou en geld en politiek het dit kom verander

Christa ·

Ronen jy is ‘n ikoon, jou ouers kan trots wees op jou xxxxx

Vermeende ·

Mens doen tog dit wat jou goed laat voel.
Ronen sleep seker daai apartheis skuld saam hom en het n geleentheid gesien om dit te betaal, dit is sport maar ook die ware storie van blank wees in SA. Die blanke werk sy alie af om iewers te kom maar dan moet hy eenkant toe staan om vir n ander plek te maak, daai seun was nooit in lewens gevaar nie, die beste vooorbereide sportman sal presteer, jammer maar daai seun was nie so goed vooeberei nie, hy verdien nie om oor die wenstreep gehelp te word nie.
Ronen, volgende jaar begin jy die leer weer van onder af klim. Ek sou eerder wou sien as hy sy plek onder die top 20 kon inneem.

Semaarnet ·

Dis ongelukkig mense soos U wat net so veel (indien nie meer) bydrae tot die toestand van ons land soos enige ander faktore.

Theresa ·

Geluk Ronen! Jy was die uitblinker en is vir ons in Suid-Afrika ‘n wenner op meer as een gebied.
Dankie dat jy (sonder om dit eers so te bedoel) vir menige mens wys dat daar onbewustelik en bewustelik hand uit gesteek word in ons land. Ek is oortuig daarvan dat daar meer sulke dinge gebeur, maar ongelukkig nooit raakgesien word en/of daar nie altyd ‘n goeie fotograaf is wat dit kan vasvang nie. Sterkte met jou studies en wat jy ookal aanpak in die lewe.

Tande muis ·

Ja wayne net jy wat die negatief daar in sien…en jy wat negatief deur die lewe gaan ook…. well done Ronen jou yster……

LEON ·

Ronen, hoop hulle sluit jou wel onder die eerste 20 deelnemers in. Jy is voorwaar n voorbeeld vir ons almal, gaan so voort en maak n verskil in ander se lewens!

Stephen Namibia ·

Wel gedaan jongman. Hierdie daad toon ook uit wat n pragtige ouerhuis jy kom. Geluk aan jou ouers met die uitstaande opvoeding wat jy kry.

madels ·

Het nou sommer baie gehuil! Dankie jongman dat jy voorbeeld stel vir so baie in hierdie land. Ek glo dit het baie vir die ander jong seun beteken dat jy hom gehelp het.

Johan ·

Dit wat hier gebeur het , gebeur baie in ons mooi land. Ons weet net nie almal van dit nie. Ek reken dit is baie goed dat hierdie tipe optrede die nodige aandag gegee word. Ons ouer mense , ek ook , kan gerus leer by die jong mense , alle rasse , hoe moet ons mekaar in die land ondersteun. Optrede soos hierdie doen goed vir duisende siele ! Baie dankie Ronen. Ek sal ook probeer so goed optree soos jy , ek belowe !

Theresa ·

Kwel my om te lees dat mense dink dis net die jeug (en een man) wat hierdie tipe ding doen. Dit gebeur daagliks. Ten spyte daarvan dat daar moord op ons mense daagliks, gepleeg word.
Lyk my die breinspoeling om almal steeds geknel te hou aan dinge wat fout was in ‘n sekere stelsel, werk pragtig. Bou ‘n brug mense. Kom daaroor. Die verlede lê agter. Die hede (wel, 23 jaar daarvan) lê oopgevlek as korrup, vol geweld, verkragting, moord en doodslag. Weet nie hoe hierdie geslag dit gaan verwerk en as goed afmaak in die toekoms nie. Bou aan ‘n beter toekoms sonder om ‘n chip op die skouer rond te dra. ‘n Geteem oor die verlede los niks op nie.

Aloma ·

‘n Voorbeeld vir so baie Ronen, trots op jou, en aan sy ouers ook, hy is goed grootgemaak!!

Laurika ·

Ronan – moet nooit verander nie. Jou mens-wees is pragtig.

Eddie ·

Mens moet sulke goed vir die Malemas en al die sulkes stuur wat dink witmense is rassisties en al daai slegte gedagtes het oor witmense. Ronen, doen so voort.

ruth ·

Wow….ek tjank nou sommer lang trane vir hierdie jongman
Ronen dra dit wat jou ouers jou leer al die pad met jou saam
ek haal my hoed af vir jou veral in ons stukkende land

GOD BLESS

AP van Schalkwyk ·

Dit was n slag goeie nuus!!!
Meer sulke nuus is BAIE meer werd as die politieke strooi wat ons elke dag op nuuskanale kry

Oom Doug ·

Net op MM. Ek sien nie die storie op ander kanale nie. Dis eintlik baie Jamer.
Meer sulke nuus sal die rasisme in die land breek.
Ek dink die ander kanale will dit nie uitsaai nie. Hulle is mos under iemand se kontrol.

M Gouws ·

Ronan jy is ‘n uitstekende voorbeeld en baie mense jonk en oud kan by jou leer. Jou ouers kan regtig trots wees op jou. Welgedaan jy verdien ‘n goue medalje in my oë. Hou so aan!

Ben Kelly ·

Miskien kan jy die ander seun se naam ook gebruik. Sy naam is Mpho Mitchell.
Ek wens ons het meer mense soos Ronen in die land.

Piet Pompies ·

Ek staan verstom dat net enkele lesers die groter prentjie sien…

Afrikaanse Knaap ·

Die foto is hoe dit al dekades in SA gaan.
Hy maak my trots.
Hy gaan die dra van ander volke nog baie doen in die toekoms. Werk vir baie minder geld, en as hy werk kry, 6 ander mense se werk moet doen.

Adriaan ·

Wanneer ek so deur die kommentaar lees kan ek nie help om te dink aan hierdie wysheid wat aan MoederTheresa toegedig is nie. Of sy die skrywer was weet ek nie, maar miskien moet ons minder selgesentreerd deur die lewe gaan. Mense wil ‘n blanke seun sien wat ‘n gekleurde seun ophelp, en nie net ‘n mens wat ‘n mens help nie. Ek glo die jong man sou enige ander persoon in daardie onstandighede gehelp het, en dat hierdie voorval absoluut niks met politiek te make het nie. Waarom alles verpolitiseer?

People are often unreasonable, illogical, and self-centered.
Forgive them anyway.

If you are kind,
people may accuse you of selfish ulterior motives.
Be kind anyway.

If you are successful,
you will win some false friends and some true enemies.
Succeed anyway.

If you are honest and frank,
people may cheat you.
Be honest and frank anyway.

What you spend years building,
someone could destroy overnight.
Build anyway.

If you find serenity and happiness,
they may be jealous.
Be happy anyway.

The good you do today,
people will often forget tomorrow.
Do good anyway.

Give the world the best you have,
and it may never be enough.
Give the best you’ve got anyway.

You see,
in the final analysis it is between you and God;
it was never between you and them anyway.

Ferdi ·

Ag tog mense maak nie saak hoe dit lyk of watse storie van goeie daat geskryf is of nog geskryf gaan word nie. Die ANC soek ons nie dis in die freedom charter opgeskryf. Maak nie saak hoe julle liberale daar na kyk nie die WIT VOLK gaan uit gemoor word

JR ·

Sit die op voorblad van Rapport. Altwee seuns. Dis deur sulke dade wat hegte vriendskappe gevorm word. Ekt ook padwedlope gedoen. Ons was ware groep van reënboog mense met almal selfde oogmerk. En soos ons mekaar op n half marathon gehelp en moed ingepraat het, was soos gom wat ons saamgevoeg het. Alle bitterbekke hierbo. Kry iets anders om te lees. Asterix boekies en braak jou gal vir jouself in jou eie huis of op eie stoep.

Boetman ·

Druk dit onder die neuse van die rassistiese anc, eff,blf, ens. Wys hulle ons gee om vir ons medemens. Hulle sal dit nie erken nie, want hul selfbeeld is te swak.

susan ·

Boerseun ek kry jou so jammer. En vermeende vir jou het ek geen raad.

Keeper ·

Welgedaan Ronen!
Dit is so jammer dat alles alewig met vergrootglas ondersoek moet word wanneer velkleur betrokke is. Kan mense nie net aanvaar wat hulle sien, is goed nie?
Rugby bv. het sóveel reêls dat mens dit “Lynespel” kan noem. Elke beweging word onder vergrootglas geplaas. Wanneer ‘n drie (vyf) gedruk word, word die TV-skeidsregter beveel om eers te kyk of dit nie dalk ‘n vorentoe-aangee was nie…….hierdie “baba-pappa-kyk-vir-hom” wantroue moet ‘n einde kry…….. Sê maar net…..
Mense moet met vredesoë die prentjie sien soos dit is, nes hierbo

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.